Gister (23 April 2017) het ons toe uitgery na Blaauwpan toe in Kempton Park. Al die omies by Die Hengel Vriend in Pretoria het ons aanbeveel na die plek toe. Jean-Louis het saam met ons gegaan….hy weet die meeste van varswater visvang en ons hoop toe dat hy ons darem so bietjie sal touwys kan maak.

 

 

Die hele dag daar uitgehang en gekyk hoe vang die mense om ons vis – die een na die ander. Ons was egter nie so gelukkig nie. Niks gevang nie – maar Yanik is nou selfs meer “eager” as ooit.

 

Ons spog met iemand ander se vis…
As die vis nie byt nie, dan stoei ons maar….
So cast jy….
En so!
En so!