Ek was destyds in Laerskool Pionierspark in Windhoek, Namibië.
Toe ek in Standard 2 was, kry ons laerskool ‘n koorjuffrou. Dit was iets nuuts vir ons. Ons het maar so aangesing op ‘n manier sonder enige juffrou. Maar ons was nuuskierig. Want ‘n juffrou wat net op koor fokus, moet blêddie goed wees.
En so kondig hulle toe aan dat die hele laerskool, van Sub A tot Standerd 4 een middag uitgenooi word om te kom sing. Hulle wil ‘n koortjie stig vir die skool. En daardie middag toe is ons almal daar. Niemand wil die geleentheid mis nie. En die juffie hardloop rond om ons te beheer, en naderhand staan ons toe ewe gedweë in die koortjie. In rye. Kleintjies voor, en groter agter.
En die juffrou begin met Do-Re-Me-Fa-So-La-Te-Do. Do is laag, en dan is Re bietjie hoër, en so gaan jy aan tot jy by Do weer kom, die heel hoogste.
En die juffrou frons. Iets is erg verkeerd in die koor. Sy laat ons rye oper staan sodat sy so tussen ons kan deurloop. En dan sit sy haar oor teen elke mond, want iewers is iemand besig om hierdie hele koor ernstig op te dônner. En toe sy by my kom, toe staan sy stil. En sy stop die koor. En sy sê vir my: “Boetie, gaan sit net bietjie vir juffrou op daardie stoel.”
En ek loop en gaan sit. En hulle begin van voor af met die Do-Re-Me gedoente. En toe sing daai koor ‘n hond uit ‘n bos uit. Sonder my. Hulle sing dat jy net hulle kleintongetjies kan sien.
My sangloopbaan het daardie dag net daar ‘n halt geroep. Ek het die hele koor opgefoeter – sukkel nog vandag met die Do-Re-Me.
Ek was ‘n maergat op skool. My pa het altyd gesê as ek my arms optel dan gaan ek deur my eie gat val. Die kinders op skool het vir my gesê ek moet seker rondspring in die stort om nat te word. Hulle het my gespot en gesê ek is so maer hulle kan die stront deur my ribbes ruik. Of dat ek met twee oë deur ‘n sleutelgat kan loer. Of dat ek eintlik baie braaf is, want ek waag my lewe op vuurhoutjies. Ek ken alles. En alhoewel ek maar saamgelag het, het dit maar seergemaak daar waar die disprin oplos.
Rugby kon my nie red nie. Ek was nie vinnig nie, en ek was nie rats nie, en ek was nie sterk nie. Maar ek het opgedaag vir oefening. En die arme rugby meneer het later nie meer geweet wat om met my te doen nie. Toe laat hy my maar op die skrummasjien sit om dit net so klein bietjie swaarder te maak vir die voorry. Ek het baie kommentaar gekry oor my skrummasjien-sittery.
My “looks” het ook nie baie gehelp nie. Ek het sulke bakore gehad. My pa het my geterg en gesê ek lyk soos ‘n jong koedoekalf. Ek was nie juis veel van enige proposisie vir die skoner geslag nie. Ek het ‘n paar keer probeer, maar het elke keer hard en aanhoudend op my hel gekry.
En in die “army” was dit ook maar ‘n gesukkel. Vele keer wat ek die hele “bungalow” moes laat hardloop omdat my geweer nie skoon genoeg was tydens inspeksie nie. En as die korporaal (“of bombardier in die artillerie”) ons gedril het en gebulder het “Links Om”, dan is ek die enigste een wat regs alleen in die vlakte in marsjeer.
Ai, en gholf. Hierdie spel weet darem hoe om jou vinnig grond toe te bring. Ek speel eenkeer by Dienste in Pretoria op ‘n Woensdagmiddag en die hele gholfklub staan en kyk hoe ons afslaan. En ek sukkel met die druk, veral omdat die ouens in my “four-ball” reeds almal afgeslaan het, en hulle balle lê doer in die skoonveld, verder as wat ek ooit kan droom om te slaan. En toe ek afslaan, toe staan die balletjie nog steeds op die stokkie. “Fresh air”. En niemand maak met jou oogkontak nie. Dis asof jy in jou broek gedinges het. En toe ek uiteindelik die bal raakgeslaan kry en tot my verligting kan afstap van ons eerste bof af, toe skree een van die omies vir my:” Boetie – dis darem ‘n moeilike baan hierdie, né…?”
Of die slag toe ek in ‘n fietswedren in Pretoria deelneem het. En ek het nuwe “pedals” vir my fiets opgesit, daardie tipe wat in-“clip”. En soos ons ry, is daar ‘n oulike meisie wat saam met my ry en ons begin gesels. En die heelpad hou ons bymekaar, opdraandes en afdraandes. En sy is aangenaam. En ek wil haar beïndruk met my fietsryvermoëns . En toe ons by die eindstreep aankom, toe kry ek nie my voete uit die “pedals” uit nie. En ek val oor haar en haar fiets dat sy sulke benoude gilletjies gee. Dit was soos om oor ‘n kruiwa te val – dit hou net eenvoudig nie op nie. Ek het haar nooit weer daarna gesien nie.
Ek sal nooit vergeet hoe ek gesukkel het om my eerste werk te kry nie. Ek het my kwota van “Dear Johnnies” gehad, glo my. Onderhoud op onderhoud, maar na my graad met geen ondervinding nie, was ek nie veel van ‘n opsie nie. En dit was nie lekker om te sien hoe my vriende die een na die ander ‘n “joppie” kry en ek sit droogbek nie. En hoe mense na jou kyk as jy nie werk kry nie.
Ek onthou die kritiek toe ek jare gelede bedank by ‘n groot maatskappy en in Botswana inspring op ‘n groot projek. Hoe kan jy jou sekuriteit en status so weggooi? Hoe kan jy alles hier verruil vir ‘n ander derdewêreldse Afrikaland waar jy maar net een van die min wit velle gaan wees? En waar gaan jou weer ‘n “job” kry as jy terugkom van Botswana af? Hoekom klou jy nie vas aan wat jy het nie…?
Of die slag toe ek 4 tuinhuise op een dag koop. Hoe kan jy soveel skuld maak? Hoe gaan jy ooit die bank kan terugbetaal? Jy weet nie wat jy doen nie.
En toe ek my eie besigheid SimpleXity (Pty) Ltd www.simplexityconsulting.co.za begin, toe was daar ook baie kommentaar. Jy dink darem baie van jouself! Wie sal nou ooit na jou wil luister? Hoe kan jy jouself beskou as ‘n konsultant? Dink jy jy weet meer as ons?
Soveel projekte in my lewe waar ek my doodswoeg om die projek te maak werk, en my dan vasloop in mense wat nie hulle handjies vuilmaak om te help op die projek nie, maar eerder oorloop van kritiek en opinie van wat nie regloop nie. En hoe ons dit moet doen. Daar is te veel van hulle. Hulle besef nie dat ‘n kantoor een van die gevaarlikste plekke op hierdie aarde is nie.
Boeta se les
Yanik, Oom Roosevelt was ‘n vorige president van Amerika. Hy het die volgende gesê op 23 April 1910:
President Theodore Roosevelt
“It is not the critic who counts; not the man who points out how the strong man stumbles, or where the doer of deeds could have done them better. The credit belongs to the man who is actually in the arena, whose face is marred by dust and sweat and blood; who strives valiantly; who errs, who comes short again and again, because there is no effort without error and shortcoming; but who does actually strive to do the deeds; who knows great enthusiasms, the great devotions; who spends himself in a worthy cause; who at the best knows in the end the triumph of high achievement, and who at the worst, if he fails, at least fails while daring greatly, so that his place shall never be with those cold and timid souls who neither know victory nor defeat.”
Nelson Mandela het hierdie vir Francois Pienaar gegee voordat hulle die magtige All Blacks verslaan het in die 1995 Rugby World Cup.
Seun, daar is te veel mense vandag op die pawiljoen. Hulle kerm en kla oor alles. Jy sal nooit goed genoeg vir hulle wees nie. En hulle is te slapgat of lui om self in die arena te klim. Maar hulle sal baie gou vir jou hulle opinie gee.
Vat nou baie goeie raad van jou pa:
Belowe my jy sal nooit ooit luister na die raad of opinie van enigeen wat nie in die arena is nie.
Nooit nie.
Die enigste raad en opinie waarna jy luister , is van die saam met jou in die arena.
Sorg dat jy in die arena is.
En glimlag vir die wat op die pawiljoen sit. Maar steur jou nie aan hulle nie.
Want hulle is nie in die arena nie. So eenvoudig soos dit.
As hy of sy nie op die veld of arena is nie, het hy of sy nie regtig die reg tot klank nie.
En kom ek vertel jou nog ‘n groot geheim – Daar is iemand wat jou haat soos pes. Elke dag. En hy sal alles in sy vermoë doen om jou te kry om nie te wil speel in die arena nie.
Alles.
En hy is 24/7 besig om in jou kop in te kom en jou vieslike leuens te vertel. En te hoop hy kan jou kry om dit te glo. Kyk was sê Giglio:
“It is likely the Enemy is lying to you about something right now –
your worth, your future, your changes of survival, your ability, a dreadful outcome, the possibility of being loved and forgiven no matter what you have done.
You have to spot the lie. Name it and shine the light of truth on it. And replace it with what God says is true…”
“Mute” hom Boeta.. Hy weet net van sit op die pawiljoen. “Mute” hom elke dag. En weet dat hy nooit sal opgee nie.
Yanik het eintlik nog altyd honde gehad. Van kleins af. Casper het hy gekry toe ons Johannesburg toe getrek het. in 2005 of 2006. Ek en Lynette het eintlik op Casper besluit. Ek wou ‘n opregte hond hê. Sy wou ‘n “pavement special” hê. Toe gaan google ons dit. En toe land ons op ‘n Border Terrier. Casper. Daar was net een teler in Suid-Afrika toe. In Senekal. Hy het die hond vir ons gebring. En van toe af is Casper deel van die gesin.
Maar nie lank daarna nie, toe sê Yanik hy hou van Casper. Maar eintlik is dit nie sy hond nie. Dis ons hond, want toe hy Casper gekry het, was hy te klein om te besef dat dit eintlik sy hond moet wees. En toe word Casper eintlik maar my hond. Dis waar. Hy aanbid die grond waarop ek stap. Hy eet nie as ek nie by die huis is nie. Ek is sy alles.
So besluit ek en Yanik toe een Saterdagoggend ons gaan nou vir hom sy eie hondjie kry. En ons spring op OLX en nie lank daarna nie toe word Muffin deel van die gesin. Haar pa was ‘n opregte trotse Yorkie. Haar ma was iets verskrikliks. Muffin is ons OLX special…
Maar Muffin het ook diep in ons harte ingeklim. Van kleins af het ons agtergekom dat Muffin meer behep is met haar balletjie as met enigiets anders. En van kleins af het Muffin eintlik op ‘n manier Lynette se hond geword
En so ruk terug toe kom Yanik met dieselfde storie. Hy soek sy eie hond. Casper is my hond, en Muffin is Lynette se hond. Alhoewel ons al twee honde eintlik vir Yanik gekoop het. En na baie oorweging toe besluit ons om vir Yanik sy eie hondjie te kry.
En so het Rickey in ons lewe ingekom. ‘n Beagle. Meer spesifiek, ‘n “lemon” Beagle.
En so rukkie terug toe raak Rickey siek. Sy koors is hoog, hy wil later nie meer eet of drink nie, sy maag werk. En ons vat hom van veearts na veearts maar niemand kan vir ons sê wat fout is nie.
Die vierde veearts (en duisende rande later) kom toe agter die kap van die byl. Rickey het Beagle Pain Syndrome. ‘n Tipe meningitis. En hy noem dat hy hom ‘n sterk dosis kortisoon gaan gee, en dit bring gelukkig dadelik ‘n wesenlike verskil.
Die volgende oggend was Rickey erger as ooit. Kon nie op sy eie voete staan nie. Kon niks eet nie. Kon niks drink nie. Ons is toe terug veerarts toe. En ons het daar besluit dat Rickey eerder uitgesit moet word. Hy kry swaar. Selfs die kortisoon het nie vir hom gewerk nie.
En ons was al drie by hom toe die veearts hom ingespuit het. En ons het al drie gehuil en sy lyfie gestreel en hom toegelaat om verlos te word van sy pyn
Boeta se les:
Yanik, ek is bly jy kom op jou vroeë ouderdom nader aan die konsep van dood. En dit is belangrik dat jy jouself vroeg daarmee oriënteer, want jy gaan net elke dag meer en meer daarmee te doen kry.
Hier op Aarde is die mens is die enigste skepsel wat bewus is van die dood. En daardie bewustheid word al hoe meer hoe ouer jy gaan word. Rickey en alle ander honde en katte en plante gee eintlik hulself 100% oor aan die siklus van lewe en dood. Dis vir hulle doodnormaal. Dis net vir ons mense moeilik – hierdie ding van dood. Omdat ons so bewus is daarvan.
Die blote feit dat ons bewus is van ons eie dood maak ons bang en onseker. Van kleins af. Ons weet so bietjie van die feit dat ons nie vir altyd gaan lewe nie. En ons verkies om eerder nie daaroor te dink nie. So ons bietjie bewustheid van ons eie dood maak dat ons eerder kies om onbewus daarvan te wil wees. Want dit maak te seer om daaraan te dink.
Ek wil jou help dat jy nie jou hele lewe lei in vrees vir die dood nie. Nie dat ek nie bang daarvoor is nie.
Ek is….!
Maar daar is iets oor die dood wat jy moet verstaan. Ek dink ek begin dit nou eers te verstaan…
‘n Dag het 24 ure. Twaalf daarvan is dag, en 12 daarvan is nag.
Jou Pappa was nie bang vir die dood toe Hy hier op die aarde was nie. Hy het geweer dat die donker ure sal kom. Maar Hy het ook geweet dat dit nie vir altyd sal aanhou nie. Hy het geweet dat dag en nag twee kante is van die ewige Misterie van die Lewe.
Hy het geweet dat dood nooit die finale sê het nie. Dood en lewe is twee kante van dieselfde muntstuk. Jy kan nie die een hê sonder die ander nie. Elke keer as jy oorgee en die “dood” vertrou, dan bring dit lewe. Dit klink”weird”- maar dit is so.
En elke keer wat jy dit regkry, is dit asof jy dieper gaan in die see van geloof. Jy laat gaan jou narsistiese woede (“laat dit doodgaan”) en skielik vind jy dat jy gelukkiger is. Jy laat gaan jou behoefte om jou lewensmaat te beheer (“laat dit doodgaan”) en skielik is daar nuwe varsheid in die verhouding. Dood bring nuwe lewe.
Maar elke keer is dit ‘n keuse. En elke keer is daardie keuse of jy iets gaan laat doodgaan, of nie. Dis asof ons eintlik net sal weet wat die lewe regtig is as ons verstaan wat die dood is.
Dis iets wat ek moes leer. Om hierdie siklus van dood en lewe beter te verstaan, maar meer nog, om dit te vertrou. Om eendag soos Merton te kan sê: ” What have I ever lost by dying…?”
Of in Paulus se woorde:” For me to live is Christ and to die is gain…”.
In elke atoom, in elke menslike verhouding, in elke sterrestelsel is hierdie patroon teenwoordig. Dis ‘n tipe van ‘n vloei. ‘n Universele patroon. Dinge verander en groei deur dood te gaan in sy huidige vorm. En elke keer is dit ‘n risiko. En dis seer. Hierdie konstante vloei van verlies en hernuwing wat soos ek hier tik, in werking is.
Dit is ‘n patroon van alle groei. Om te lewe, is om oor te gee aan hierdie “inevitable” vloei. Dit is baie groter as ons. Ons moet leer om iets kleiner te laat gaan (“to die”) sodat iets groter kan gebeur.
Jou Pappa is op ‘n verskriklike manier doodgemaak. Die kruis. Maar die kruis het Sy opstanding teweeg gebring. Sy dood het nuwe lewe gebring, vir ons almal.
En Sy opstanding was iets baie groter as Sy kruisdood.
Sien jy die vloei…?
Hy het dit baie beter verstaan as ons, en Hy wil graag dat jy dit ook so moet sien. Hy wil nie hê jy moet jou hele lewe bang wees vir die dood nie.
Dink aan ‘n saadjie wat moet doodgaan sodat ‘n plantjie kan opkom en baie vrugte kan dra.
Ek het jou trane gesien toe jy ons Rickey-hondekind vasgehou het terwyl die veearts hom ingespuit het. Ons was saam met jou hartseer. Maar Rickey is ook ‘n skepsel, soos ek en jy. En daarom is hy ook deel van hierdie vloei, op maniere wat ek en jy nooit sal verstaan nie.
Soos die plante om ons, en die diere, die visse en die planete en sonnestelsels.
Albie is ‘n baie goeie vriend van my. Ons stap die pad al saam van 1997 af. Ek het hom ontmoet toe ons saam in ‘n bybelstudiegroepie in Secunda was.
Goeie ou! Lekker sin vir humor. Plat op die aarde. Geen geite aan hom nie. Hy het diep in my hart ingekruip. Ek hou mos van mense wat jou aanvaar net soos jy is. Wat jou nie probeer verander nie.
Albie is een.
En toe ons aftrek Kaap toe in 2017, toe hoor ons Albie-hulle trek ook af Kaap toe. Hy en sy vrou Naomi. En was dit nou lekker om hulle weer hier in die Kaap raak te loop. Ons braai gereeld saam en kuier te heerlik bymekaar.
Hy is nou so mlddel 50’s. Werk by City of Cape Town. Maar die man het ‘n moeilike werk. Hy is betrokke by “informal settlements”. Jy kort ‘n man op ‘n perd om in daardie stoel te kan sit.
So ruk gelede toe kom braai Albie en Naomi weer by ons. Maar hierdie keer sukkel Albie om te loop. Hy vertel my sy senuwees in sy bene skiet die hele tyd. Dis asof jy jou vinger op rou senuwees neersit. Dit is so seer dat hy nie kan slaap nie. Hy lê heelnag wakker. En hy verloor gewig.
Ek is bekommerd oor my ou vriend. Bel hom elke nou en dan om te hoor hoe gaan dit. Maar ek weet selfs al gaan dit sleg sal Albie nooit kla nie. Altyd optimisties en vol grappies. Hy hou sy pyn en swaarkry vir homself.
Verlede week bel hy my. “Janneman – is jy by die huis? Ek wil gou ‘n draai kom maak”. So ‘n paar minute later stop hy en Naomi voor my huis. Hy het sy ou tjor ingeruil vir ‘n outomatiese kar – want hy kan nie meer trap met sy bene nie. Maar dit stop hom nie om rond te ry nie – selfs al het hy pyn.
Hierdie keer het Albie ‘n loopraam saamgebring. Die ander been het nou ook die ding met die senuwees. Dis nou altwee sy bene. Hy sê vir my hy sien nie kans om die trappies op te klim na my huis toe nie. Ons besluit ons sit sommer in die garage. Dit gaan die maklikste wees vir Albie. Ek kry drie stoele en maak koffie saam met Naomi, en ons gaan sit in die garage.
Albie het ‘n paar “steak & kidney pies” en “dougnuts” gekoop hier onder by ons Spar. Ons drink die koffie en eet die pasteie. Praat bietjie oor dit en bietjie oor dat.
Na ‘n rukkie begin Albie praat. Ek kan sien die man is deur maande van hel. Kan nie slaap nie. Kan nie loop nie. Permanente skietpyne in beide bene. Bang om om te draai in die aande in die bed want die senuwees skiet in sy bene.
Dan begin Albie sy storie vertel. Hy vertel dat hierdie ding wat met hom gebeur het, die beste ding is wat ooit met hom kon gebeur het. Hy sê hy was so gefokus op sy werk dat hy vergeet het dat net om te kan loop, een ongelooflike “blessing” is. Hy sê hy sien mans met groot bierpense wat loop. Dan wil hy vir hulle vertel hoe ongelooflik bevoorreg hulle is. Want hulle kan loop. Hy sê vir my met trane in sy oë dat hy dit nooit sou besef het as hierdie ding nie met hom gebeur het nie. Net om asem te kan haal is ‘n voorreg. Om te kan eet. Om te kan slaap. Om die son op jou vel te voel. Met jou hond te speel. ‘n Glasie wyn te kan drink. Alles is dinge wat ons so maklik vat as ‘n”given”. Maar dit is nie. En jy besef dit eers as jy dit verloor het.
Maar dan vertel hy my dat hierdie ding nog ‘n les vir hom geleer het. Dat hier oorgenoeg goed nog is in ons land. Hy vertel hoe mense uit hulle pad uitgaan om hom te help. Om die “lift” se deur oop te hou vir hom. Om hom in en uit sy karretjie te help. Hy sê hy staan verstom oor al die goedheid in ons land, te midde van al die hartseer, geweld en moord en dood.
Toe hulle na ‘n ruk ry, toe sit ek lank in my stoel. En dink. Hierdie man. Nie een sekonde van kla nie. Nie een sekonde van kerm nie. Geen behoefte dat iemand hom moet jammer kry nie. Net ‘n oorvloed van dankbaarheid dat hierdie beker oor sy pad gekom het sodat hy net weer kan besef hoe geseënd ons regtig is. En so tipies Albie -sien net die goed in enige situasie.
Albie, ek het toe Tankwa toe gegaan soos ek jou vertel het. Jy wou so graag saamgaan, maar dit sou sukkel met daai loopraam van jou. Ek het in die aand om die vuur gesit en dink aan jou.
Ou maat, en ek het die Saterdagoggend ver in die Tanka gaan stap. En op ‘n koppie gaan staan en na die vlakte gekyk. En toe weer ver teruggestap na ons huisie toe.
Albie, en ek het so met die stap gehuil oor jou. Nie oor jou pyn nie. Maar oor die manier hoe jy hierdie ding vat. Jy is ‘n absolute voorbeeld vir my. ‘n Yster van formaat. Jou Pa is trots op jou!
Ek huil oor jou, want ek leer so baie by jou!
Boeta se les:
Yanik, jy gaan ook een of ander tyd blootgestel word aan swaarkry, my ou seun.
Dis deel van die lewe.
Maar die manier waarop jy jou “suffering” gaan hanteer, is baie belangrik.
Richard Rohr skryf:”If you do not allow your suffering to transform you, you will most assuredly transmit it to others, and it will slowly destroy you in one way or the other.”
Kyk na Oom Albie. Hy verstaan dit goed. Hy laat toe dat sy “suffering” hom “transform”. Hy is vir niemand kwaad nie. Hy gee niemand die skuld nie. Hy soek nêrens simpatie nie.
Inteendeel.
Hy is dankbaar. Dankbaar vir sy “suffering”….!
Dit is nie geluk wat ons dankbaar maak nie! Dit is dankbaarheid wat ons gelukkig maak!
My pa was ‘n baie wyse ou. So op sy manier. Ek dink hy was ook baie alleen omdat hy ver voor die res was in sy denke oor dinge. Ja – hy was ‘n denker. Hy is nou al 5 jaar gelede oorlede, maar sy wysheid bly staan.
Een aand in my eerste jaar toe is ek en my boesemvriend in De Duine hotel op Hentiesbaai. En ons speel “pool” en “darts” en kyk die meisies uit.
En een van die ou omies daar sê toe vir ons hy sal vir ons drank koop. Maar hy gaan vir ons elkeen twee dubbel Stroh Rum’s koop. En ons moet dit “down”. Jy bied nie vir ‘n eerstejaarsstudent gratis drank aan nie. Ons gooi toe altwee daai dubbels af in ons keel.
Dit was laat in die aand. En ek besef skielik dat hierdie Stroh Rum geen man se maat is nie. Ek was nie meer vas op my voete nie. En my pel ook nie. En twee meisies kom vra ons of ons hulle nie wil gaan aflaai by hulle huis nie. En nie lank nie, toe is ons in my Datsun 1400 bakkie. Ek bestuur, en twee meisietjies sit tussen my en my pel. En genade bo genade kry ons die meisietjies veilig afgelaai by hulle huis.
Hentiesbaai het net soutpaaie gehad. En elke huis het net sand gehad as ‘n erf. En toe ons terugry in die ou 1400 Nissan bakkie, toe beland ek in iemand se erf. Ek weet nie hoe ek dit reggeky het nie. Maar dit was nie ek nie. Dit was Oom Stroh Rum. Ek het op een of ander manier direk van die pad af tot binne iemand se jaart ingery.
En toe sien ek en my pel dat ons in die enigste polisieman op Hentiesbaai se erf ingery het saam met Oom Stroh Rum. Want sy polisiebakkie met die blou lig staan toe in die erf. Maar gelukkig slaap almal.
En ons besluit toe ons gaan net saggies weer uit die erf ry. Maar Oom Stroh Rum wou nie saamspeel nie. Want hy laat my toe glo ek het die bakkie in “reverse” gesit terwyl ek dit eintlik in eerste rat gesit het het. En toe ek die “clutch” los, toe spring daardie 1400 vorentoe en met ‘n boosaardige slag stamp ek toe die poliesman se splinternuwe wit muur dat jy die kraak sien hardloop vir so lank as wat die muur is.
Ons is gevang daardie aand. Deur die einste poliesman wat ons wakker gemaak het deurdat ons sy muur in sy moer ingery het – nogal van binne sy erf af. En ons is ingelaai agter in die einste polisiebakkie wat ons gesien het staan in die erf. En hulle het my bloed getrek daardie aand. En wonder bo wonder het ek daardie aand nie ‘n kriminele rekord gekry nie.
My pa het onderhandel met die polisieman om sy muur vir hom reg te maak. Op sy onkoste. Hy het my die volgende oggend saam met hom laat ry dat ons die 1400 Nissan moet gaan haal. Dit was vir my erg, want ons kon nie die d@nnerse bakkie kry nie. Na twee ure se rondry op die Noord Duin het ons hom uiteindelik gekry. Gehawend. “Bumper” heel ingebuig.
En ‘n oop bottel Tassenberg wat op sy sy op die vloer lê binne die bakkie en meeste van die wyn wat uitgeloop het op die mat. Jou kopvel krimp inmekaar as jy die volgende oggend in daardie bakkie klim en die Namib son het dinge al behoorlik warm gemaak binne in die bakkie. En dan moes ek met my babellaslyf in die bakkie klim en stadig terugry agter my pa aan, want die modderskerm het geskuur teen die wiel na die harde stamp.
My pa het my nie veroordeel nie. Hy het my nie uitgeskel nie. Hy het my nie verwyt nie. Hy het die hele petalje net agter hom gesit en aanbeweeg. Ek onthou ek sou eerder verkies het dat hy my pak slae gee. Maar hy het nie. En hy het ook nooit ou koeie uit die sloot uit gegrawe nie.
Die beste ding wat ooit met my gebeur het is die geboorte van my seun op 25 Februarie 2004. Dit was ‘n “amazing” dag vir my. Ek onthou so goed hoe dit gebeur het.
Hy is nou sestien. Nie meer ‘n klein babaseuntjie wat my met sy spoegbekkie ‘n soen gee nie. En ek besef sy maats het klaar my plek gevat. Hy wil eerder by hulle wees as by my. Hy word al hoe groter en onafhankliker, en ek al hoe meer irrelevanter. By die dag.
So ‘n ruk terug kom hy na my toe. Hy vertel my hy moet met my praat. Hy vertel hoe hy en sy maatjies by ‘n partytjie was. En dat dinge daar so bietjie uitgehaak het.
En ons is geskok. En ons baklei met hom. En ons verwyt hom. En ons huil. En ons is kwaad. En daar is stilstuipe in die huis. En nog wat.
En toe ons gaan onlangs na iemand toe om ons net te help met objektiewe perspektief. Want ons dink nie meer nugter nie. En die ou vertel my ‘n storie wat my uitslaan. Op my voete.
Hy vertel die storie van die man wat vandag kursusse aanbied aan ouers oor hoe om hulle tieners groot te kry met liefde. En die man wat die kursus aanbied, vertel dat hy as tiener verskriklik gedrink het. Elke aand. En dat sy pa elke oggend wanneer hy dooddronk by die huis aangekom het, vir hom gewag het. En hom dan in die bed gesit het. En vir hom koffie gemaak het. En vir hom gebid het.
Die ou vertel dat sy pa dit gehaat het dat hy so drink.
Maar sy drinkery het sy pa nie gestop om vir sy seun lief te wees nie….
Boeta se les:
Yanik, jy word nou groot ou bul. Jy is nie meer pappa se klein seuntjie nie. En ek gaan nie meer jou besluite vir jou kan maak nie.
Ek moet jou laat gaan.
Jy gaan al hoe meer nou jou eie besluite moet neem. En jy moet ook. Want dit is hoe dit moet wees. Jy word groot en jy moet leer om jou eie besluite te neem.
Daar gaan nog baie partytjies wees. Baie drank. Baie los meisies. Miskien selfs dagga. Of erger.
En jy gaan elke keer moet besluit!
Ek gaan nie vir jou kan besluit nie. Ek het nie meer beheer oor jou keuses nie.
Maar ek sal probeer om daar te wees vir jou as jy verkeerd besluit het. Om vir jou koffie te maak. En jou in die bed te sit. En vir jou te bid. En die polisieman se muur te betaal. En saam met jou rond te ry op die Noordduin op soek na die Nissan 14oo. Sonder om kwaad te wees.
Want my liefde vir jou weeg swaarder as my woede vir jou verkeerde besluite…
Ek het vroeg in my lewe al oorlog verklaar teen enige vorm van binnekring. Sal dit ook “fight” vir die res van my lewe. Dit is volgens my siek tot in die nate in. Veel erger as om ‘n kleintjie se roomys te steel. Of om jou sussie te soen.
Ek het nie baie maatjies gehad toe ek grootgeword het nie. Ek was nie die gewildste kind in die skool nie. Ek was nie prefek nie. Was te maer om goed te kon rugby speel. Maar ek het alles probeer, want as jy kon rugby speel, dan was jy OK.
Die rugby onnie het my begin op stut in Standerd 5. Dit was in 1981.
Toe haker.
Toe slot.
Toe flank.
Toe agsteman.
Toe skrumskakel.
Toe losskakel.
Toe senter.
Toe vleuel.
Toe heelagter.
Ek het die boodskap duidelik gekry toe ek op ‘n dag opdaag vir rugbyoefening en die meneer my op die skrummasjien laat sit terwyl die ander oefen.
Vir die hele oefening.
Toe los ek maar rugby.
Het ook nooit ‘n meisie gehad op skool nie. Ek was nie juis ‘n proposisie nie. Soos ‘n koedoekalf gelyk met my maer lyf en bakore. Kon ook nie daarop staatmaak dat my ouers ryk of invloedryk was nie. Ek het nie duur speelgoed gehad nie. Ons het ook nie in die duurste huis gebly nie. Ons het nooit luukse motors gehad nie. Kon nooit my maatjies beïndruk met ons speelgoed nie.
Ek onthou op ‘n tyd in my lewe toe ek geen maatjies gehad het nie. Ek onthou hoe bang ek was vir pouse. Ek onthou vele pouses in my lewe waar ek alleen gesit het. Niemand wou met my speel nie. Vroeg reeds in my lewe moes ek gewoond raak aan die buitekring.
Die buitekring is nie maklik nie.
Dankie tog vir maats in my lewe op skool soos Coen van Niekerk en Tarka du Plessis. As dit nie vir hulle was nie, dan het ek seker al lankal my polse met Marie-beskuite gesny.
Ek was my hele skoollloopbaan in die buitekring. En merendeels tot nou toe loop ek maar eerder in die buitekring.
Ek hou nie van die binnekring nie.
If you are not on the inside, you must always remember that you are on the outside
Warren Buffet
My pa het op ‘n tyd nie kerk toe gegaan nie. Sondagoggende sou ons aantrek vir kerk en dan sou hy nog steeds in die bed lê. Ek vra hom toe eendag hoekom hy nie saam met ons kerk toe gaan nie. Sy antwoord was dat hy weer kerk toe sal gaan sodra hy kan verstaan hoekom daar elke Sondag in die kerk gevra word vir donasies sodat die kerk sendingwerk kan doen in Afrika, maar ons laat geen swartes toe in die kerk nie. Ons wil siele red in Afrika, solank hulle net nie langs my sit in die kerk nie….
Die kringetjie.
Óf jy is aan die binnekant, of jy is aan die buitekant.
My pa het verstaan van die kring.
Daar is ‘n baie interessante sielkunde wanneer dit by die kring kom. Die mense aan die binnekant sal jou die hele tyd probeer “weeg”. Jy word na ‘n braai genooi en dan kom jy agter daar is allerhande “onsigbare” hoepeltjies waardeur jy die hele tyd moet spring. En as jy nie deur almal spring nie, dan word jy “te lig” bevind. En dan word jy eenvoudig net nie weer genooi nie.
Die mense aan die buitekant probeer weer gewoonlik met alle mag en mening om tog net deel te word van die ou kringetjie. Aanvaarding van die binnekring uber alles. Probeer die snaakste grappies te vertel of die meeste te drink of duurste speelgoed te koop – net om nie te “lig” te wees wanneer die binnekring hulle “weegskaal” uithaal nie.
As niemand van jou weet nie, sal niemand jou vergeet nie. Dis tog so eenvoudig. Dis jy alleen, net jy!
Koos du Plessis
Ek het nog altyd so ‘n rebel streep in my gehad. Ek kan vasskop soos ‘n steeks donkie. Want ek weet van kringe. Die oomblik as ek snuf in die neus kry van ‘n kring, dan raak ek moeilik. Skuinsbedônnerd. As hulle hulle hoepeltjies begin stel en “onskuldige” vragies begin vra met die eintlike doel om jou te “weeg”, dan sien ek dit gelukkig baie vinnig raak. En dan speel ek hulle “game” terug. Maar op my manier. Ek probeer myself doelbewus diskwalifiseer. Spring juis nie deur hulle siek hoepeltjies nie. Gee vir hulle antwoorde wat hulle nie juis verwag nie. As hulle my vra wat doen ek vir ‘n lewe, dan antwoord ek gewoonlik: “Ek is ‘n pastorale ingenieur…”
En dan los ek hulle net daar…. in hulle verbasing.
Die uiteinde is gewoonlik dat ek nie deel word van die kringetjie nie. Dankie tog! Ek val nie meer vir hulle siek aanvaarding nie. Want die buitekring is eintlik baie beter as die binnekring. Dit is waar jy regtig vry is. Niemand kom weeg my nie. Miskien is ek net gewoond aan die buitekring. Ek hoef nie te “perform” nie.
Of jy hou van my, of jy hou nie van my nie. Eenvoudig. Ek is nogal nou by die punt in my lewe waar ander mense se aanvaarding van my eintlik heeltemal irrelevant is vir my. As hulle nie van my hou nie, dan mis hulle ‘n wonderlike persoon. Hulle is doodeenvoudig net baie armer.
If you are not on the outside, then you must know that you are on the inside. Get out…!
Jannie du Toit
Ek weet nie wat is erger of meer pateties nie. Die een wat binne sy siek sirkeltjie sit en ander weeg, of die een wat glo hy of sy OK sal wees as hulle net deur al die hoepeltjies kan spring van die idioot binne die kringetjie…
En as jy die eerste kringetjie eers raakgesien het, dan sien jy dit die hele tyd raak. Dit is orals om jou. Kringetjies hier en kringetjies daar. Dit is soos wanneer jy ‘n nuwe kar koop. Skielik sien jy daardie karretjie orals op die paaie. Dit was nog die hele tyd op die paaie. Jy sien dit nou net vir die eerste keer raak.
Kringetjies.
Of jy is binne, of jy is buite…
En as jy buite is, probeer jy binnekom. En as jy binne is, probeer jy almal “weeg”…of keer dat hulle inkom…
Is dit nie ongelooflik siek nie?
Nico Nel is ‘n baie goeie vriend van my. Ons kom al jare saam. Hy was my gholf partner jare terug toe ons saam by Sasol gewerk het.
Ek kon hom nooit wen met gholf nie. Maar dan moet ek ook bysê – Hy is gebore sonder ‘n linkerarm. Ek met my twee gesonde arms kon hom nooit wen met gholf nie. Ja dit is waar. Moeilik om te erken – maar dit is so!
En redelik onlangs kom maak hy ‘n draai hier by my in Somerset Wes. En ons braai lekker, en ek maak ‘n paar rooiwyne oop. En ons gesels oor alles en nog wat. En hy vertel my sy storie. Hoe hy ‘n hartaanval kry in 2011. En toe begin oefen omdat hy dink sy leefstyl het gelei tot sy hartaanval. En hoe hy begin triathlon’s doen het. Doen die Sani-to-Sea, Crater Cruise (105 km), Barbeton (110 km) en die 36One (360 km). En nog ‘n klomp ander. Topfiks. En toe kry hy ‘n beroerte in November 2015. En hy sukkel om te sluk. En hulle sit vir hom ‘n “shunt” in om breinvog te dreineer. En hoe hy gediagnoseer word met fabry – ‘n baie skaars siekte. Gaan google dit maar. En daarna stoei met depressie. Glo my, die man is deur absolute hel.
En aan die einde van die aand toe vertel hy my iets wat ek nooit sal vergeet nie.
Hy vertel my hy verstaan baie goed van die kring. As jy in die lewe inkom sonder ‘n linkerarm, dan is dinge klaar baie moeiliker vir jou as vir die gemiddelde mens. Die term “handicapped” skop jou sommer onmiddellik uit in die donkertes van die buitekringe. Waar jy jouself die hele tyd moet bewys en deur al die hoepeltjies moet spring net om OK te wees. Jou hele lewe lank.
En na al sy ervaringe vertel hy my is daar een ding wat soos ‘n paal bo water vir hom uitstaan na al die jare. Dit is die volgende:
Niemand kan homself of haarself “include” nie.
Dit moet aan jou gedoen word. Jy het geen beheer daaroor nie. Niks.
“Inclusion” is iets wat jy nie vir jouself kan doen nie.
Boeta se les:
Yanik, jy weet jou pa haat enige binnekring. Kies jy ook altyd die buitekring. Moet nooit in die versoeking val om deur al die hoepeltjies van die binnekring te probeer spring net sodat hulle van jou hou nie. Die buitekring is miskien “lonely” – maar jy is vry daar!
Moenie val vir goedkoop aanvaarding van siek binnekringe nie.
Maar baie meer belangrik: Wees jy altyd die “includer”.
Wees jy daardie ou wat mense insluit!
Nie omdat hulle nie deur al die hoepeltjies kon spring nie. Nie omdat hulle geweeg is en te lig bevind is nie. Nee – slegs omdat hulle hulself nie kan insluit nie.
Ek verstaan nou baie beter hoekom jou Pa so ‘n “issue” gehad het met die binnekring toe Hy hier op Aarde was. En hoekom Hy Homself heeltyd besig gehou het met die buitekring. Met die outjies wat net nie deur al die hoepeltjies kon spring nie. Wat geweeg is, en die hele tyd te lig bevind is.
Want die binnekring het Hom op die einde doodgemaak omdat Hy nie deur al hulle hoepeltjies wou spring nie. En omdat Hy die gepeupel “include” het.
Elke keer as ek beet sien, vat dit my terug na 1987.
Elke liewe keer.
Ek was in Potchefstroom besig met Nasionale Diensplig. Artillerieskool. Besig met Junior Leierskap kursus (JL’s) . Om rang te kry. Nege maande kursus.
Elke ou wat in die Weermag was sal jou vertel van Vasbyt. Dit is waar die koring van die kaf geskei word. Jy loop vir dae aaneen en dra dromme vol water en jy word tot die uiterste getoets. En as jy dit nie maak nie, dan word jy van die kursus afgegooi en dan kry jy nie rang nie. So eenvoudig soos dit.
Hulle het ons in sindikate ingedeel. Jy kies nie jou sindikaat nie – jy word net eenvoudig ingedeel. En dan moet jy en jou sindikaat kilometers aaneen stap vir dae aaneen sonder ophou, swaar dinge dra, min water drink, opgooi as jy nie meer kan nie en verder stap.
Hel op hel.
En as daar ‘n maatjie in jou sindikaat is wat sukkel, dan is dit die sindikaat se probleem. So jy hoop maar jy word ingedeel by ‘n goeie sindikaat anders kan jy maar weet jou Vasbyt gaan erger hel wees.
Daar is ‘n ding soos O’Reilly’s Law. Hy het mos geglo Murphy was ‘n optimis. Toe hulle ons indeel, toe is die meerderheid van die outjies in my sindikaat nou nie die wêreld se sterkste of slimstes nie.
Inteendeel.
En dit word toe op die eerste dag van Vasbyt sommer gou duidelik. Want nie lank nie, toe kom skreeu die bombardier vir ons dat ons die laaste is van al die sindikate. En as jy laaste is, dan kry jy aan die einde van die dag geen kos nie. Nadat jy heeldag geswoeg, gesweet, gehuil en geproes het. Niks. Dit is jou straf.
Want julle was die laaste sindikaat.
Ek sal nooit vergeet hoe ons daardie eerste aand by die basis aankom nie. Doodmoeg. Heeldag lank gestap met “full kit”. Dromme vol water gedra. Opgegooi. Gehuil. Gevloek. En daar staan ‘n simpel bombardier met ‘n “over-inflated ego” by ‘n groot gat in die grond wat hulle gegrawe het. Met ‘n houtkruis ingesteek in die grond langs die gat hou hulle kamma begrafnis.
Ons kos gaan begrawe word.
En dan voor ons honger oë begrawe hulle seremonieël die kos wat uitgehou is spesifiek vir ons sindikaat. Steak. Wors. Lemoensap. Brood. KFC. Eiers. Bier.
‘n Feesmaal word begrawe reg voor ons oë.
Omdat ons die laaste sindikaat was.
En dan het jy honger en doodmoeg in jou slaapsak ingeklim. En die volgende oggend staan jy vroeg met ‘n leë maag op, trek jou “full kit” aan, geweer in die hoogvoor, en daar gaat jy. Nog ‘n dag van hel wat voorlê, maar nou met ‘n leë maag. En geen energie nie. Nodeloos om te sê dat jy teen die einde van die tweede dag outomaties weer heel laaste is – en dan weer heel onwillekeurig toeskouers word van nog ‘n “kosbegrafnis”.
Ek onthou dat hulle aan die einde van die tweede dag vir elkeen van ons in die laaste sindikaat twee klein blikkieskos gegee het waarvan die “labels” afgehaal is net om ons aan die lewe te hou. So dit is so iets soos ‘n “lucky packet” – jy weet nie wat jy gaan kry nie. Maar jy is so honger dat jy nie regtig omgee wat jy kry nie – solank jy net iets in jou maag kan kry.
Toe ek my eerste blikkie oopmaak, toe was daar beet daarin. En toe ek my tweede blikkie oopmaak, toe was daar ook beet daarin.
Niemand wou met my uitruil nie.
Tot vandag toe eet ek nie beet nie. Dit is nou 33 jaar later, maar elke keer as ek beet sien, dan vat dit my terug na die “kosbegrafnis” toe.
Die oomblik as ek beet sien, sien ek daardie Vasbyt in 1987. Ek kan nie die twee skei van mekaar nie. Beet en Vasbyt. Sukkel nou al vir jare. Kry dit nog steeds nie reg nie. Sal seker ook nooit nie.
Ek eet nog steeds geen beet nie.
Boeta se les:
Yanik, hier is ‘n baie belangrike les wat ek graag met jou wil deel in hierdie beetstorie.
Die prentjie wat jy in jou kop het van enigiets, bepaal jou gedrag. Die prentjie wat ek in my kop het van beet, maak dat ek nou vir 33 jaar nooit weer my lippe aan beet gesit het nie.
Wat is die prentjie in jou kop van God?
Dis belangrik, want dit gaan jou gedrag bepaal vir die res van jou lewe.
En ek wil by jou pleit dat jy altyd hierdie “blog” sal oopmaak, en jouself heeltyd toelaat om te “recalculate” soos ‘n GPS oor die volgende punte wat vir my persoonlik hopeloos te lank gevat het om onder die knie te kry.
Kou lank en herhaaldelik hieraan tot dit vir jou ook sin maak.
Eerstens:God is nie kwaad vir jou nie. Daar is te veel lawaai in hierdie wêreld wanneer dit kom by hierdie punt. Dit maak jou deurmekaar en onseker, want die een sê een ding en die ander een sê iets anders. En iewers tussen dit alles moet jy self die antwoord probeer kry.
We come to God not by doing it right, but by doing it wrong….
Richard Rohr
Pasop vir al hierdie slim mense wat jou aandag probeer fokus op jou 6 emmers sonde. Luister na hulle wat met jou praat oor die see van genade. Dit is hoe groot jou Pa is. Sy genade is meer as genoeg vir jou. Gaan lees bietjie Julian of Norwich en laat daardie denke deel word van jou DNA. Daar waar die disprin oplos.
As my ses emmers sonde in Sy see van genade val, dan weet ek Hy is God…
Prophet
All will be well and all will be well and every kind of thing shall be well
Julian of Norwich
Daar is sonde in hierdie wêreld. Die plek is blêddie stukkend. Maar “all will be well and all will be well and every kind of thing shall be well” desnieteenstaande die stukkende wêreld. Jy moet dit glo. God is en bly in beheer.
En Hy het nie een stukkie “blame” na jou kant toe, of na enige ander persoon toe nie. Sy hele Natuur maak hierdie “blaming game” totaal en al irrelevant.
“Perfection, rather, is the ability to incorporate imperfection! There’s no other way to live: You either incorporate imperfection, or you fall into denial. That’s how the Spirit moves in or out of our lives.”
Richard Rohr
Dit is juis wanneer jy struikel dat Hy sag en met liefde na jou kyk. Jou “vulnerability” as netelige mens is vir Hom pragtig.
Hy is nie kwaad vir jou nie. Sal ook nooit wees nie.
God verwag nie prestasie van jou nie. God soek jy teenwoordigheid sodat Hy met jou kan werk en jou kan verander en transformeer. Hy is die Pottebakker, en jy is net die klei.
God does not expect performance from you. He expects presence…
Richard Rohr
Jy gaan Hom nooit beïndruk met jou dade nie. Hou asseblief dadelik daarmee op as iemand jou verlei het dat dit jou waarheid moet wees. Dit is soos om jouself te probeer optrek aan jou skoenveters. Stop dit onmiddellik. Jy mors jou tyd, en jy gaan moeg en gatvol word. Vra my, ek weet!
Daag op, in stilte. Word “present” – sodat Hy met jou kan werk en jou kan verander!
God tiekiedraai oor jou. Gaan lees weer die storie van die verlore seun. En weer. En weer.
It is not about requirements. It is all about relationship…
Richard Rohr
Dit is God. Hy hardloop na jou toe. Hy spog oor jou. Hy laat slag die Lam oor jou. Hy staan nie aan die ander kant van jou rivier van sonde en vertel jou hoe teleurgesteld Hy is in jou nie. Hy staan langs jou, en Hy gooi Sy mantel oor jou. En Hy hou jou vas in Sy Liefde en vertel jou dat jy nie alleen staan teen jou rivier van sonde nie. Hy sal en gaan jou help. Jy is en sal nooit alleen wees nie. Alles sal OK wees. Hy hardloop na jou toe. Nie omdat jy iets reg gedoen het nie.
Inteendeel.
Hy hardloop na jou toe omdat jy Sy kind is. En Hy jou Pa is.
Boeta – toets alles wat slim mense julle wil van oortuig van teen hierdie drie vrae:
Vereis dit “performance” van my voordat dinge kan gebeur in my lewe? Of vereis dit “presence” van my sodat God my kan verander?
Gaan dit my na ‘n plek toe vat waar ek beheer word deur my ses emmers sonde? Of waar ek verbaas gaan staan oor die see van genade…?
Gaan dit my na ‘n plek toe vat waar ek God probeer oortuig dat ek eintlik OK is? Rooi vlag! Moenie eers probeer nie. Word wie jy reeds is, alias Thomas Merton
Moenie toelaat dat mense jou prentjie van God in jou kop verander nie. Want daardie prentjie van God vorm jou gedrag. Nooit andersom nie.
Ek moet eers die prentjie in my kop van beet verander voordat ek weer beet sal kan eet.
En ek gaan probeer. Drie-en-dertig jaar is lank genoeg.
Ek hou daarvan om gewoontes te skep in my lewe. En snaaks genoeg, ek kry dit nogal reg. Dit moet miskien maar my diensplig jare wees wat by my die dissipline geskep het om dit te kan regkry. Ek besluit op iets, en dan doen ek dit. En ek forseer myself, byt vas deur die pyn, en skielik is dit ‘n gewoonte. ‘n Ruk terug besef ek ek moet iets doen aan my gewig. En baie maklik skep ek toe drie doodeenvoudige gewoontes wat nou al gemaak het dat ek oor die 20 kg verloor het:
Ek eet minder. So eenvoudig soos dit. Ek “log” en weeg al my kos en sorg dat ek nie meer kilojoules eet as wat nodig is nie.
Ek drink net water of swart koffie van 20h00 elke aand tot 12h00 die volgende dag. Selfs al word ek honger.
Ek kry my hartklop op na 140 BPM vir 30 minute elke dag
En so besef ek tydens COVID-19 dat ek nog ‘n gewoonte moet integreer in my daaglikse lewe. Ek moet stilte balanseer met aksie. Ek besef dat ek nie genoeg tyd maak vir stilte in my lewe nie. Richard Rohr sê:” You must get into the silence so that the silence can silence you…”
I have abandoned all particular forms of devotion, all prayer techniques. My only prayer practise is attention. I carry on a habitual, silent and secret conversation with God that fills me with overwhelming joy
Brother Lawrence
En ek besluit net daar ek gaan die volgende doen:
Vroegoggend dan strompel ek uit die bed uit.
Ek slaan ‘n behoorlike koffie aanmekaar, want dit is die regte ding om te doen. Maar ek doen dit op die ou manier. Ek maal my koffiebone, en ek gooi dit in ‘n kontrêpsie wat die lekkerste swart koffie maak. Swart en bitter.
Dan gaan sit ek by my venster. Ek kan die see sien hier van my plekkie af. En dit is die een oggend mooier as die ander. En dan word ek net eenvoudig stil terwyl ek wag vir my koffie om te prut. Ek probeer nie mooi woordjies bid nie. Ek praat nie met myself nie. Ek klim nie op FaceBook of LinkedIn nie. Ek kyk nie na my e-mails nie. Ek gee net aandag. Soos ‘n klein voëltjie wat net sy bekkie oopmaak en wag vir sy wurmpie…
En dan sit ek so in doodse stilte vir 20 minute elke oggend. En ek drink my swart koffie. En ek probeer met alles in my om net doodeenvoudig “present” te wees. As gedagtes in my kop begin maal, dan erken ek dit, maar ek laat dit ook dadelik gaan. Ek baklei dit nie. Gedagte vir gedagte. Totdat die stilte my stilmaak.
Deep within you lies a profound stillness. In this place, where the mind is silent and the heart is open, lies the answer to every question you ever had. Go there often, the silence has much to teach you. For in this still quiet place lives your truth. And once you’ve met her, you will never be the same again.
The Gift of The Horse
En toe een oggend, sit ek toe weer so by my venster. En ek drink my koffie en ek laat die stilte toe om my stil te maak. En ek kyk uit die venster uit na die see. Soos ek elke oggend doen. En toe skielik kom die volgende gedagte na my toe:
Ek sien myself as ‘n seedruppel wat uitgespoel het op die strand. Ek kom van die Oseaan (“ewigheid”) af, maar ek is nou op die strand (“Aarde”). Maar omdat ek my bevind op die strand, beteken dit nie ek hoort op die strand nie. Hierdie strand is maar net my tydelike tent. Ek hoort in die See. Want ek behoort aan iets baie groter as net ‘n eenvoudige uitgespoelde druppel op die strand. Ek, nietige druppel, is en sal vir altyd onlosmaaklik deel wees van die Groot Oseaan.
I have never made one of my discoveries through the process of rational thinking
Albert Einstein
En dit is net daaglikse stilte wat my die verskil gaan leer tussen Oseaantaal en strandtaal. Sonder stilte gaan ek nooit kan onderskei tussen die twee tale nie. Want strandtaal skreeu in jou ore, en Oseaantaal fluister saggies. Slegs in stilte. En as ek nie stilword nie, dan sal ek nie die Oseaan hoor fluister nie.
Strandtaal skreeu “performance & requirements”. Oseaantaal fluister saggies, slegs in stilte: “Not performance, not requirements, but presence…”
But there is a greater comfort in the substance of silence than in the answer to a question.
Thomas Merton
Strandtaal skreeu dat ek moet opstaan vir my regte en dat ek vinnig op my perdjie moet spring as die taxi voor my indruk. Die Oseaan fluister saggies slegs in stilte: “Hoekom word jy “offended” oor alles wat om jou gebeur? Het jy vergeet dat jy behoort aan die Oseaan? Dat jy deel is van iets baie groter as jou eie ou klein druppeltjie? Dat alles wat jou nou “offend” so klein en totaal irrelevant is in vergelyking met die Groot Oseaan. Get perspective…”
Strandtaal skreeu hard in my ore – “religion….”. Die Oseaan fluister saggies, maar net in stilte: “Not religion, but relationship“
The way you must go is the way you already know. He has set it in your heart. The solitude will speak to you…
Thomas Merton
Strandtaal skreeu dat die een met die meeste speelgoed wen. Die Oseaan fluister saggies slegs in stilte: Die see het nie speelgoed nie. En kyk hoe gelukkig is elke druppel daarin…
Strandtaal skreeu dat ek afhanklik is van die ander druppels op die strand se aanvaarding en goedkeuring. Die Oseaan fluister saggies, maar slegs in stilte: Elke druppel in die Oseaan is ten volle aanvaar. Bloot omdat dit ‘n druppel is. Nie omdat dit iets gedoen het nie…!!
You are not alone. We are all connected. You could no more separate yourself from humanity than a wave could separate itself from the ocean and still be a wave.
Gerald Jampolsky
Strandtaal skreeu in my ore dat ek moet skep terwyl daar nog is, want môre is alles op. Scarcity uber alles. Word stil en hoor of jy dit ook kan hoor hoe die Oseaan fluister:” Kyk net na die Oseaan. Abundance. Meer as wat jy ooit kan dink…”
Strandtaal skreeu in jou ore dat jy moet wen bo alles. Gaan na die stilte toe, en luister of jy die Oseaan kan hoor fluister:” If it is going to cost you your peace, you simply cannot afford it…”
Strandtaal skreeu in my ore dat ek elke dag moet werk aan myself om beter en beter te word. Die Oseaan fluister, maar slegs in stilte: “You must become who you are already…”
Mysticism is the experience of limitless belonging
Brother David Stiendl-Rast
Strandtaal skreeu in my ore dat ek nog nie goed genoeg is nie. Dat ek steeds net ‘n “sinner” is, en miskien sal ek eendag ‘n “saint” wees as ek hard probeer. Maar in die stilte fluister die Oseaan saggies vir my:” You are a saint that sin…”
Strandtaal skreeu vir my in my ore dat ek my moet oorgee aan bekommernis en twyfel. Jy het rede om te “worry” – ou bul. En dan fluister die Oseaan saggies, maar slegs in die stilte:” Kyk na die see. Sien jy bekommernis en twyfel…?”
Boeta se les:
Yanik – Die strand verstaan nie die Oseaan se taal nie.
Sal ook nooit nie.
Stilte is jou grootste vriend. Want dit is slegs stilte wat sal toelaat dat jy die Oseaan se sagte fluistering kan hoor. Terwyl jy hier op die strand is.
Luister mooi hoe fluister die Oseaan vir jou:
Jy is ‘n seedruppel wat net vir ‘n baie kort tydjie uitgespoel het op die strand. Ek gaan jou gou kom haal. Nog net ‘n kort rukkie. Dan vat ek jou terug na waar jy hoort. By My. In die Groot Oseaan.
Moet nooit dit vergeet nie. Jy het net uitgespoel op die strand. Vir ‘n kort rukkie. Jy hoort nie op die strand nie. Jy gaan, soos ek en Mamma, weer eendag deel wees van die Groot Oseaan.
Jou Pa sal jou kom haal.
Hy het nie vergeet van jou op die strand nie. En vir hierdie “sekonde” in tyd wat jy op die strand is, wees net lief vir Hom. Want as Hy jou kom haal, gaan Hy jou weer vashou vir ewig in Sy Liefde. Soos die Oseaan al die druppels vashou.
Dit behoort jou so opgewonde te maak dat jy nie sal kan slaap nie. Hou vas aan jou stoel…
Laat stilte jou daagliks meer daarvan vertel. Hy sal as jy hom toelaat. Hy is jou Vriend.
En ignoreer die lawaai op die strand. Hulle weet nie waarvan hulle praat nie.
My oorlede pa het altyd gesê, as ek hom van ver af bel en vra wat hulle doen: ” Ag Boetie – ons sit soms en dink, maar meeste van die tyd sit ons net…”
Dis wat hierdie virussie doen – hy maak dat ek meeste van die tyd net sit, sonder om te dink…
Ek is nogal gemaklik met die sit ding. Daar waar ek vandaan kom doen ons die sit ding behoorlik. Want dit is so warm dat jy eintlik maar net wil sit. Nie nog sit en dink ook nie.
Toe trou ek mos vir Lynette in 1999. Maar sy is ‘n Pretoria meisietjie. Gewoond aan rondrits. Winkelsentrums. Rondry. Kan dit eenvoudig net nie regkry om stil te sit nie. En ek vat haar toe vir die eerste keer na my wêreld toe. Namibië. En ons gaan doen toe die ding soos jy hom doen daar – jy gaan kamp! By Myl 4 net so bietjie noord van Swakopmund.
En dis nie lank nie, toe forseer daardie Namib woestyn ons tot stilstand.
As jy lank genoeg so stil sit in die Namib, dan gebeur ‘n baie interessante ding.
Dinge wat jy lankal al vergeet het, kom skielik weer in jou gedagtes op! Dis asof jy sekere “files” weggebêre het, en met die stilte steek daardie “files” nou hulle hande op sodat jy ook deur hulle kan werk. En nie lank nie, dan vind jy dat jy hardop besig is om met jouself te praat soos jy deur daardie “files” werk.
Een vir een.
Sodra ek een “file” hanteer het, dan kom die ander een op. Sonder dat ek eers gaan soek vir hom.
Dink aan ‘n poeletjie water wat vol modder is. As jy dit lank genoeg los, dan sak die modder. En dan kan jy sien tot op die bodem. Dit is wat stilte doen. Dit laat sak die modder sodat jy kan “sien”.
Dis dan dat jy agterkom daar lê nog ‘n paar “files” vir jou en wag….
Kom ons los eers die tent en die Namib en die poeletjie en die “files”.
Laat ek jou na ‘n ander plek toe vat!
Kasane.
Ek was in 2005 die strategie-bestuurder in Orapa – die grootste diamantmyn in die wêreld. Orapa is ‘n klein myndorpie net suid van die Makgadikgadik-panne in Botswana. En eenkeer ‘n maand het ek saam met die Orapa EXCO gevlieg in die “company jet” na Kasane – en dan het ons gaan vergadering hou oor strategie en doelwitte en al daardie dinge by ‘n plek met die naam Mowana Lodge. Dit is ‘n vyfster lodge in Kasane reg langs die Chobe river. Alles was net die beste. Die kos, die beddens, die uitsig. Jy noem dit – en dit was daar!
Kasane is daardie plek waar 4 lande bymekaarkom. Namibië, Zimbabwe, Zambië en Botswana. As jy nog nie daar was nie, dan moet jy ‘n plan maak. Dit is volgens my waar Eden moes gewees het, lank terug.
Ek onthou hoe die olifante aan mekaar se sterte vashou soos hulle oor die rivier swem. Ek onthou hoe die krokodille op die oewer van die rivier gelê en bak het in die son. Ons het op ‘n riviersafari gegaan en tot teen die hippo’s gevaar – so paar meter van ons af! En dan elke nou en dan hoor jy die visarend skree! Kasane is een van die mooiste plekke in die wêreld!
En ek werk met die “cream of the cream” in Botswana. Daardie manne praat Ingils met ‘n Britse aksent. Dis nogal “scary” – want hulle het ongelooflike ervaring en internasionale blootstelling. En hier trippel ek tussen hulle rond. En hulle kyk in my oë om hulle oorhoofse strategie vir hulle te fasiliteer en te koördineer. Die grootste diamantmyn in die wêreld – “scary but true” .
En ek kan nie eens behoorlik Engels praat nie…
Een van die groot dinge wat ek daar geleer het, is die storie van “The Fear of Leadership”. Garrath Rosslee en Stuart Mennigke het my gehelp om die EXCO op die regte pad te hou, en hulle het hierdie konsep na die tafel toe gebring.
Dit gaan basies daaroor dat in enige sisteem is daar primêre prosesse, maar ook sekondêre prosesse. Primêre prosesse is dit wat waarneembaar is. Dit is soos die punt van die ysberg. Almal weet daarvan, en dis gemaklik, en dis veilig. Maar sekondêre prosesse is waar die uitdaging lê. Dit is daardie prosesse wat onder die water lê. Dit is nie waarneembaar nie. En dit is ook nie veilig nie. Dit lê daar, en almal weet daarvan, maar niemand praat daaroor nie.
En die “fear of leadership” gaan daaroor dat jy as leier die moed moet hê om die sekondêre prosesse in die gesig te staar. En dit nie meer gerieflikheidhalwe onder die water in te druk omdat jy nie weet hoe om dit te hanteer nie. En om nie bang te wees vir dit wat onder die water lê nie.
“What is essential is invisible to the eye…”.
En Garrath en Stuart het my gehelp om daardie EXCO te skuif van “politeness” af na “brutal honesty”. In die begin was dit baie moeilik, en almal het na jou gekyk met wit oë dat ons dit durf waag om oor die dinge te praat wat “no entry” was. Maar later in die jaar was die span baie gemaklik om oor dit wat onder die water lê te praat en uit te sorteer. Maar ons moes hulle eers “fiks” maak hierin.
Dit kom nie oornag nie.
Tot vandag toe gebruik ek dit in my besigheid.
Ek noem daardie sekondêre prosesse krokodille. Want dit is wat dit is. Hy lê onder die water, en hy is gevaarlik. En as jy hom nie doodmaak of na die wal toe bring nie, dan word daardie krokodil net vetter by die dag. Dit is eintlik doodeenvoudig. Of jy maak jou krokodille dood, of jou krokodille gaan jou eendag doodmaak!
En hulle is orals, die blêddie krokodille. Jy sal hom kry op ‘n individuale vlak, of in ‘n huwelik, of in ‘n span, of organisasie-wyd, of op ‘n nasionale vlak, of selfs op ‘n internasionale vlak. En ons het sterk leierskap nodig om hulle uit die water uit te kry! Anders word hulle net groter en vetter en gevaarliker by die dag.
Laat my asseblief toe om Myl 4 en Kasane vir jou bymekaar te bring.
Elkeen van ons sit met krokodille. Grotes en kleintjies. Ek het gedink dit is ‘n “file” destyds op Myl 4. Nou weet ek beter. Dis ‘n krokodil.
Maar dit is stilte wat maak dat die modder in jou poeletjie sak. En dan wanneer jy behoorlik kan “sien”, dan sien jy die krokodil op die bodem! Jy kon hom nie voorheen sien nie, want jou poeletjie was te vol modder van jou eie ego en besig wees. En kompetisie en materialisme en noem dit net wat jy wil.
Richard Rohr stel dit so:” You must get into the silence so that the silence can silence you…”
En dis my A-HA. Korona het ons almal geforseer om op ons stoel te gaan sit in die Namib. En die modder te laat sak in ons poeletjies. En noudat jy kan “sien” tot op die bodem, sien jy skielik klomp krokodille raak. Vir die eerste keer. En dit is juis daardie krokodille wat maak dat jy nie so effektief of gelukkig is of was nie. Want hulle byt jou. Soms sonder dat jy weet van die krokodil.
Noudat jy jou krokodille behoorlik kan sien (“Dankie Korona”) – moenie hulle verder laat grootword nie. Kry hulle uit op die wal. Maak hulle dood.
Want jy is gemaak om vry te wees van krokodille.
Boeta se les:
Yanik – Jou Pappa het verstaan van krokodille, en Hy het verstaan van die woestyn soos die Namib.
Hy het gereeld woestyn toe gegaan. Jy sal Sy voetspoor daar vind. Hy het verstaan van die poeletjie, en dat die modder eers moet sak voordat jy die krokodil kan raaksien. Dis asof Hy ‘n tipe ritme aan Hom gehad het. Eers stilte, dan aksie. Dan weer stilte, dan weer aksie.
Soos inasem, en dan uitasem.
Hy het geweet van in die stilte ingaan sodat die stilte Hom kan stilmaak.
Maar gaan lees bietjie die storie van die Samaritaanse vrou by die put. En lees hom dan weer ‘n keer! Naderhand sal jy iets raaksien in die storie.
Kyk hoe vat Hy haar krokodille vas wat haar elke dag byt.
Hy hou nie daarvan dat ons rondloop met krokodille wat ons byt omdat ons nie die tyd wil maak om die krokodille binne ons raak te sien nie.
Boeta – my wens vir jou is dat jy die waarde van stilte, die “files”, die poeletjie, die modder, en die krokodil sal verstaan.
Word eers stil. Laat die modder eers sak. En dan eers doen jy.
Stilte. Doen. Stilte. Doen.
Asem in. Asem uit.
En moet nooit toelaat dat krokodille jou ooit boelie nie.
Ek was hierdie jaar 27 & 28 September in Windhoek. Ek het ‘n reünie gaan bywoon. ‘n Hurricane reünie. Ja, 31 gelede toe was ek op die grens as ‘n 20-jarige. Op Hurricane. Dis so ‘n ent noord van Ruacana. Ek was ‘n “gunner”.
En toe in hierdie jaar stig die “gunners” ‘n Hurricane WhatsApp groepie. En toe besluit die Hurricane WhatsApp groepie ons moet reünie hou. En so is ek op die vliegtuig Windhoek toe. En toe loop ek hulle almal daar raak. 31 jaar later. In die Dros in Windhoek. Twee dae aaneen!
Ek het hulle vir 31 jaar nie gesien en toe sit hulle almal skielik hier voor my. Ons drink ‘n paar biere. Waar tel ‘n man die toue nou op as jy die ouens vir so lank nie gesien het nie? Ons het saam die aarde stukkend geskiet met ons G2 kanonne, op die grond geslaap in Angola, Monopoly gespeel op ammokiste in Angola. Nou drink ons maar ons biertjie en voel-voel mekaar so uit.
So daar is Theuns. Hy bly nou in Walvisbaai. Hy sê vir my hy is nou in “programming” in. Ek verstaan maar min daarvan. Maar hy het ook ‘n 4×4 winkel op die dorp. In Walvisbaai. En hy maak verskoning dat hy nie die volgende dag saam met ons sal kan kuier nie. Hy en sy dogter gaan deelneem aan ‘n 4×4-kompetisie net buite Windhoek. Die volgende aand toe kry ons die boodskap op ons Hurricane WhatsApp groepie. Theuns het die kompetisie gewen.
Dan is daar ou Leon. Of Skim soos ons hom genoem het. Hy is ook daar. Maar hy het nou Parkinsons. Sy linkerhand bewe so bietjie. Ek vra maar eers nie te veel daaroor uit nie. Maar dan vertel hy ons dat hy wel op ‘n tyd baie depressief daaroor was. Maar hy het dit oorgegee aan die Here se wil. Hy sê hy dink dit is die beste ding wat ooit met hom kon gebeur het. Nou het hy weer perspektief. Hy weet nou waaroor die lewe nou gaan. Hy werk by Tiger Wheel & Tyre. En hy geniet elke dag. En dan maak hy sy eie musiek. Neem selfs deel aan kompetisies. So met die linkerhand en al. Gaan kyk ‘n bietjie hier:
Elke dag stuur hy vir ons “gunners” ‘n versie op ons Hurricane WhatsApp groepie.
Dan is daar ou Jorrie. Hy is nou ‘n groot motorverkoopsman in Windhoek. Ek was nog altyd mal oor ou Jorrie. Hy is nog steeds kwaad dat ons te vroeg uit Angola onttrek is. Hy onthou soos gister hoe die nuus gebreek het daar onder ‘n boom in Angola dat die groot generaals besluit het die oorlog is verby. Ons moes oppak en terugkom RSA toe. Volgens hom was dit ‘n groot fout. En hy bly op ‘n plot buitekant Windhoek. En hy sê hy slaap lekker, want hy het ‘n groot boerboel. Hy hengel vandag vir Namibië. As ek jou die stories oor Jorrie moet vertel, dan gaan jy moet kom sit by my. Want daar is baie.
En dan is daar ou Kessie. Seun Kesslau. Hy is nou ‘n groot versekeringsman daar in Namibië. Maar hy vertel ons dat hy twee dogters verloor het aan die dood. En vir die eerste keer wat ek hom ken, sien ek trane in sy oë. Hy vertel ons navorsing bewys dat baie min huwelike hou as daar ‘n kind aan die dood afgestaan word. Hy en sy vroutjie het twee verloor. En hulle huwelik hou. En hy vertel dat dit net die Here is wat hom gedra het in die tyd. Later die aand toe bieg hy dat hy steeds sukkel om te “cope”. Maar ek dink by myself – hoe verloor ‘n mens twee kinders aan die dood en dan bly jy steeds staan?
En dan is daar Essie. Hy was die radioman. Heeldag met seine en radio’s en dinge gewerk. Altyd saam met die grootbaas op sy Buffel rondgejaag. So klein regop mannetjie. Hy het klaargemaak in die weermag as ‘n samajoor. Ek kan hom sien as ‘n samajoor op die paradegrond- met daai regop lyfie. Hy bly nou in Upington. Hy vertel hy het so ‘n paar besighede aan die gang. Maar toe ons later die dag in ‘n ander vertrek gaan sit om te gesels oor planne vir die toekoms, toe is hy die voorsitter van die vergadering. En hy vat daai vergadering vas. So op sy manier. Met meesterlike styl bestuur hy as voorsitter daardie vergadering met ‘n klomp “gunners” dat ons waaragtig daar uitstap met ‘n paar aksies. Essie is ‘n yster.
En so is daar Dawie. Hy was die jaar voor my op Hurricane. Bly nou op Keetmanshoop. Ek ken hom nie te goed nie. Hy het ‘n gastehuis op Luderitz en “gunners” kry afslag… Maar wanneer hy praat, dan is daar diepte. Hy lees vir ons ‘n paar teksversies toe dit sy beurt is om iets van homself te vertel. Wens ek kon hom beter leer ken. Maar lyk vir my na ‘n ware “gunner”. Sy seun en vrou kom maak ‘n draai. Hy stel hulle aan ons voor. Ek kan sien in Dawie se seun dat sy pa hom reg grootgemaak het. Hy skud my hand behoorlik en kyk my in die oë.
En Snyders is daar. Nog altyd van hom gehou. En toe hy sy storie vertel, toe kan jy ook sien dat hy ook die grondpad ken. Deur ‘n egskeiding. Besighede verloor en dan weer opgebou. Ek het sy vorige vrou geken. Nou het hy ‘n besigheid daar in Windhoek. Net nooit moed opgegee nie. Die man sal hom nie laat onderkry nie. “Gunner” van formaat
En Marius de Beer is ook daar. Staf Kierretjies. Hy was ons stafsersant. Kan jou klomp stories oor die man vertel. Hy ken oorlog. Nog lank voordat ek breins gekry het het hy al oorlog gemaak. En vandag is hy groot in die karate in. Op Potch as ek reg onthou. Hy lyk nog soos altyd. Net bietjie gryser geword. Maar nog steeds so ekstrinsiek soos altyd. Yster.
En dan was Piet ook daar. Hy was ook voor my op Hurricane. Hy vertel my hy het so paar jaar terug geloop in ‘n winkelsentrum en toe uit die bloute uit net eenvoudig “uitgepass”.. En toe kom hy eers na ‘n ruk by. En toe gaan hy dokter toe en hulle vertel hom hy het breinkanker. En toe het hy maar net besluit hy gaan dit alles ignoreer en net aangaan met sy lewe. En hy sê dis nou jare later en hy val nie meer nie. Maar hy weet ook nie of hy nog die kanker het of nie. Hy sê as hy moet doodgaan, dan is dit so. Hy sê dis beter om nie te weet nie as om te weet. Maar toe Kesslau hartseer vertel van sy twee dogters wat hy aan die dood afgestaan het, toe staan Piet op, gaan staan agter Kesslau en sit sy hand op Kesslau se skouer. Hy ken van seer…
En dan is daar Schalla. Ek is mal oor Schalla. Hy het hom nooit te veel gesteur aan die wêreld nie. Net sy ding so op sy eie manier gedoen. Hy is vandag die “green-keeper” van Walvisbaai se gholfbaan. Hy bly ook daar. Hy was blykbaar so ‘n rukkie getroud gewees. Dit het so ‘n paar maande gehou. Toe kom hy agter dit werk nie vir hom nie. Nou is hy maar eerder op sy eie.
En dan was Jacobie ook daar. Hy was ons luitenant. Ook die Hurricane WhatsApp groepie begin. En die reünie gereël. Smart ou die. Later klaargemaak met die weermag en is nou in Windhoek. Het nou ‘n besigheid met “gearboxes” of so iets. Hy vertel vir ons hy het een van die Swapo offisiere ontmoet teen wie ons oorlog gemaak het in 1988. Hy vra hom toe wat hulle gedoen het net voor ‘n operasie. Die man vertel hom toe dat hulle bymekaargekom het in ‘n kring om te bid. Net soos ons destyds.
En dan was Slinger ook daar. Hy is ook nou daar in Windhoek. Wat ‘n oulike ou. Vertel vir my hoe hy ook maar grondpad gestap het vandat hy uit die “army” is. Maar nou het hy ‘n goeie “job” en selfs kleinkinders. En sy vroutjie kom maak ook ‘n draai en hy stel haar aan ons voor. Hy is ‘n oupa. Maar toe ons praat oor die grens, toe vertel hy my stories oor die MIGs en dinge wat my mond laat ophang. Daardie man het ervaring wat jy nie in jou wildste drome ooit sal kan oorvertel nie.
En Andre Schoonwinkel was ook daar. Die grootbaas. Hy was ons Kaptein. Ek dink baie keer hy moes seker sy hare uit sy kop uittrek met al hierdie “gunners”. Ons was onmoontlik stout. Maar hy het ons goed hanteer. So op sy manier. Hy is nou in Potchefstroom. As dit nie vir hom was nie, was ons almal seker al lankal dood. Hy het gesit met al die verantwoordelikheid. En hy het dit soos ‘n ware leier gedra. En hy het al die pad opgekom om ons almal weer na soveel jare daar te sien.
En dan was daar ‘n paar manne wat dit nie kon maak nie. Gunther von Schauroth. Siegfried Schulte. Dagga Retief. Basie. Leon Scwartz. Louis de Schande. Willem Maritz. Jannie Roux. Jan Swart. Luandré Botha is oorlede in ‘n motorongeluk hoor ek. En Herselmann ook. En dan mis ek seker nog ‘n paar ander.
Dis gewone ouens die. Doodmenslik. Stout. Maar goed.
En ons besluit net daar dat ons na mekaar gaan kyk. Ons gaan ‘n bond skep en ons gaan op so manier meer formeel dan na mekaar begin kyk. En laaste wat ek gehoor het is Jacobie die Voorsitter, en Jorrie is die onder-voorsitter, en die tesourier is Snyders, en Theuns is die sekretaris. En Kesslau en Slinger is die twee additionele lede.
En toe kom die eerste takie.
Otto.
Otto is ‘n troep wat saam met ons op die grens was. Hy was ‘n drywer. Hy bly nou op Aranos. Hy het net 10% sig oor.
Die manne het daar met ‘n oogarts gesels en die man het ingestem om Otto te sien. Hulle vind toe dat sy regteroog se retina geskeur is en nie meer gered kan word nie. Maar dat daar ‘n goeie kans is om sy linkeroog te red. Hulle kan sy linker- en regterkornea’s omruil, en dan sal hy weer beter kan sien.
So ‘n operasie kos normaalweg tussen R264 000 en R382 000. Ons het dit reggekry om dit te kon doen teen so entjie onder die R20 000. Die “gunners” het saamgestaan en geld gegee soos hulle kan, en nie lank daarna nie, toe is daar genoeg geld vir Otto se operasie.
Ons “gunners” het gereël vir sy vervoer vanaf Aranos en terug en akkomodasie en alles.
Otto is geopereer op die 11 November 2019.
Ons “gunners” het dit vir hom moontlik gemaak.
En nie lank daarna nie, toe stuur Otto vir ons die volgende “voicemail’
Boeta se les:
Yanik – miskien dis daar net een les vir jou my seun.
Die Dalai Lama sê: The purpose of life is to help other people. And if you cannot help them, will you please not hurt them”?
Die jaar is amper verby. Ek loop nou al soveel maande rond met ‘n storie in my kop. Dan dink ek by myself hoekom moet ek dit skryf? Toe lees ek die volgende deur Robert Haas:” It’s hell writing and it’s hell not writing. The only tolerable state is having just written.” Toe besluit ek maar om eerder te skryf…
As ek hierdie jaar in een woord kan opsom, dan is dit Richard Rohr.
Tao Te Ching het eendag gesê: “When the student is ready, the teacher will appear. When the student is truly ready, the teacher will disappear.”
Richard Rohr het hierdie jaar aan my “appear”, en hy het my paradigma radikaal kom verander oor ‘n paar dinge. En ek as die student was so reg vir hom. En om dit nie te skryf nie, is om hel te kies.
Ek gaan probeer om dit wat hy my geleer het, op te som. Want daar is so baie. En as alles belangrik is, dan is niks belangrik nie. So ek mag ‘n klomp dinge mis. Maar hierdie is my “blog” – so “live with it…”
Mark Twain het gesê: “I did not have the time to write a short letter, therefore I wrote a long letter…”
Hier is my kort briefie:
“Vasgevang in dualisme”
Ek het altyd geglo dat Descartes reg was toe hy gesê het: “I think, therefore I am.” Ons leer dan so mooi as ons grootword hoe belangrik dit is om te dink. Ons leer dat hierdie spier tussen ons ore die sterkste is in ons liggaam. Dat ons hele wese gekoppel is aan ons denke. Dat wat ons dink, direk ons lewe beïnvoed.
Dat ons ons denke is…
Dualisme is waarmee ons almal grootword. Daar is niks mee verkeerd nie. Die enigste manier wat ‘n kind gaan weet van “koud” is slegs as daar iets soos “warm” is. As alles in die heelal dieselfde temperatuur was, was dit nie nodig vir woorde soos warm of koud nie…
Ons het dualisme nodig in ons wêreld om ons werk te kan doen as onderwyser, verpleegster, wetenskaplike of watookal. Dit help en dit is nodig. Die probleem is, dit gaan nie ver genoeg nie. Jy kan nie nie alles in hierdie lewe deur jou dualistiese lens oplos nie.
Vir een of ander rede verkies die ego en die menslike brein om alles deur die lens van vergelykings, kompetisies en teenoorgestelde pole te verstaan. En so word mans beter as vrouens, Suid-Afrika beter as Zimbabwe, wit beter as swart, my argument beter as jou argument; my status beter as joune, my geld meer as joune en my vrou mooier as joune.
“Controlling people try to control people, and they do the same with God—but loving anything always means a certain giving up of control. You tend to create a God who is just like you—whereas it was supposed to be the other way around.” Richard Rohr
Hierdie dualisme het nie die sagteware om meer komplekse dinge soos die ewigheid, misterie, God, genade, swaarkry, seksualiteit, dood, liefde te kan hanteer nie. Dit het doodeenvoudig nie die bandwydte daarvoor nie. As ons na geloof op ‘n dualistiese manier kyk, dan word ons godsdiens ‘n tipe van “fast food” godsdiens. Bid gou vinnig as jy ietsie nodig het…
“Christians are usually sincere and well-intentioned people until you get to any real issues of ego, control power, money, pleasure, and security. Then they tend to be pretty much like everybody else. We often given a bogus version of the Gospel, some fast-food religion, without any deep transformation of the self; and the result has been the spiritual disaster of “Christian” countries that tend to be as consumer-oriented, proud, warlike, racist, class conscious, and addictive as everybody else-and often more so, I’m afraid.” Richard Rohr
En wanneer die besluit deur die dualistiese persoon geneem word of iets reg of weg is, bring dit ongelooflike blindheid met hom saam. Alles op die skaal tussen reg en verkeerd, ryk of arm, slim of dom word doodeenvoudig misgekyk. Jy sien net A of B, en niks tussenin nie. Jy kan glad nie meer sien wat reg voor jou is nie, want jou dualisme het jou verblind.
“Knowing without loving is frankly dangerous for the soul and for society. You’ll critique most everything you encounter and even have the hubris to call this mode of reflexive cynicism “thinking” (whereas it’s really your ego’s narcissistic reaction to the moment). You’ll position things too quickly as inferior or superior, “with me” or “against me,” and most of the time you’ll be wrong.” Richard Rohr
“Church practice has been more influenced by Plato than by Jesus. We invariably prefer the universal synthesis, the answer that settles all the dust and resolves every question even when it is not entirely true over the mercy and grace of God.” Richard Rohr
Ek was nooit hiervan bewus nie in myself nie. Miskien by ander mens, maar nie by my nie… totdat hiermee priester oom Richard my hard hiermee geslaan het.
“Perfection, rather, is the ability to incorporate imperfection! There’s no other way to live: You either incorporate imperfection, or you fall into denial. That’s how the Spirit moves in or out of our lives.” Richard Rohr
In elke gesprek het ek agtergekom ek is die heeltyd besig om die A of die B te soek in die gesprek sodat ek ‘n besluit kan neem sodat ek kan weet waar ek staan. Ek soek ‘n antwoord, en ek “force” hom na A of B toe.
“The ego hates losing – even to God.” Richard Rohr
Dit is hoekom Jesus so baie gemaak het van genade, en vergifnis. Want wanneer jy dit waarlik ervaar, dan breek dit dualisme af. As iemand jou liefhet wanneer jy dit glad nie verdien nie. As iemand jou vergewe wanneer jy iets verkeerd gedoen het. Dan begin jy beweeg in die terrein van nie-dualisme. Jy raak ontslae van hierdie meritokrasie en “quid pro quo” wêreld waarbinne ons ons bevind, en jy beweeg na die groot oseaan van genade. En wanneer jy dit vir die eerste keer sien, dan is dit ‘n ongelooflike deurbraak. Niks sal ooit weer dieselfde wees in jou lewe nie. En dan word jy honger om elke dag dieper en dieper in die genade oseaan in te stap, weg van hierdie ou vervelige meritokrasie waar ons telling hou sonder ophou. Sodat ons darem net ‘n plekkie kan hê in die son.
Weg van dualisme.
“And we must—absolutely must—maintain a fundamental humility before the Great Mystery. If we do not, religion always worships itself and its formulations and never God.” Richard Rohr
Hierdie Franciscan priester kom toe nou hierdie jaar en gooi my appelkar heel onderstebo.
Lees hierdie oor en oor todat hierdie mampoerdruppel val by jou daar diep binne waar die “disprin” oplos:
” We do not think ourselves into new ways of living, we live ourselves into new ways of thinking” – Richard Rohr
Jou denke gaan jou nie verander nie. Jou ervaring van God gaan jou verander. En dan gaan jy anders begin dink oor dinge…
Ons “containers” vs die ware Ekke
Ek het skaars hierdie konsep van my eie “journey” met dualisme begin prosesseer en die lang pad wat ek nog sal moet stap daarmee , toe slaan die blêddie priester weer toe. Dis so asof ek skaars weer op my voete is in die bokskruit, toe kry ek weer ‘n opstopper. Van die priester af.
Jou “container” is maar net dit wat jy dink jy is. Maar dis vals en dis mensgemaak. En dis jou eie ego wat dit skep. Dis ‘n stel standaarde wat jy skep om jou plekkie in die son te kry. Dis hoe jy wil lyk vr die wêreld. Watter klere jy aantrek. Waar jy op vakansie gaan. Watter vriende jy het. Hoeveel volgelinge jy op Instagram het. Hoe fiks jy is. Jou beroep. Jou karretje wat jy ry en waar jy bly.
Moenie verkeerd verstaan nie. Jou “container” is nie noodwendig “evil” nie. Dit is goed en baie nodig vir jou om op hierdie ou aardetjie ‘n bestaan te kan maak. Maar jou “container” is slegs jou “launching pad”. Dit is soos wat Bill Plotkin sê, jou “survival dance”. Dit is nie naastenby jou “sacred dance” nie.
“Your concern is not so much to have what you love anymore, but to love what you have—right now. This is a monumental change from the first half of life, so much so that it is almost the litmus test of whether you are in the second half of life at all.” Richard Rohr
Verskeie “containers” kom en gaan in ons lewe. En een of ander tyd word die “container” se beperkinge sigbaar vir jou wanneer hulle te lank by jou kuier. En soos wat ons spiritueel groei, word hierdie “containers” al hoe meer aan die Lig blootgestel en dan gaan hulle dood. Dit is nou as hulle ooit groter Lig toelaat – baie “containers” doen dit nie.
“Sin happens whenever we refuse to keep growing.” Richard Rohr
En dis waar die probleem inkom. As jy nie op die regte tyd en op die regte manier van jou “container” ontslae raak nie, dan sal jy vassit in jou “container” – “stuck, trapped and addicted”. En baie mense word oud en dan is hulle vasgevang in hulle eie mensgemaakte egosentriese mislukke “containers”.
“When I am not king, then THE Kingdom has its best chance of breaking through.” Richard Rohr
“The human ego prefers anything, just about anything, to falling, or changing, or dying. The ego is that part of you that loves the status quo – even when it’s not working. It attaches to past and present and fears the future.” Richard Rohr
En dan moet hulle so doodgaan.
“When you say you love God, you are saying you love everything. Immature religion becomes an excuse for not loving a whole bunch of things and reveals that you have not had an authentic God experience yet. Rigid religion and compulsive religiosity, all unloving religion, is a rather clear sign that you have not met God! Once you have had a unitive experience with God, reality, or even yourself, your life invariably shows two things: quiet confidence and joyous gratitude.” Richard Rohr
“Much of what is called Christianity has more to do with disguising the ego behind the screen of religion and culture than any real movement toward a God beyond the small self, and a new self in God.” Richard Rohr
Die antwoord volgens die oom is ‘n besef van wie jy regtig is – jou ware self.
“Good powerlessness (because there is also a bad powerlessness) allows you to “fall into the hands of the living God” (Hebrews 10:31). You stop holding yourself up, so you can be held. There, wonderfully, you are not in control and only God needs to be right. That is always the very special space of any positive powerlessness and vulnerability, but it is admittedly rare. Faith can only happen in this very special threshold space. You don’t really do faith, it happens to you when you give up control and all the steering of your ship. Frankly, we often do it when we have no other choice. Faith hardly ever happens when we rush to judgment or seek too-quick resolution of anything. Thus you see why faith will invariably be a minority and suspect position. And you also see why the saints always said that faith is a gift. You fall into it more than ever fully choosing it, and only then do you know how grace, love, and God can sustain you and strengthen you at very deep levels.” Richard Rohr
Jou ware self, in teenstelling met jou “container” – leef vir altyd. Jou ware self is waarlik vry in hierdie wêreld. En wanneer jy verby jou “container” kan beweeg na jou ware self toe, dan gaan dit voel asof jy niks verloor het nie.
“Jesus did not come to change the mind of God about humanity (it did not need changing)! Jesus came to change the mind of humanity about God.” Richard Rohr
Dan gaan jy saam met Rumi kan sê: ” What have I ever lost by dying…?” Of in die woorde van Thomas Merton: :” We must become who we are already…!”
When I can stand in mystery (not knowing and not needing to know and being dazzled by such freedom), when I don’t need to split, to hate, to dismiss, to compartmentalize what I cannot explain or understand, when I can radically accept that “I am what I am what I am,” then I am beginning to stand in divine freedom (Galatians 5:1). We do not know how to stand there on our own. Someone Else needs to sustain us in such a deep and spacious place. This is what the saints mean by our emptiness, our poverty and our nothingness. They are not being negative or self-effacing, but just utterly honest about their inner experience. God alone can sustain me in knowing and accepting that I am not a saint, not at all perfect, not very loving at all—and in that very recognition I can fall into the perfect love of God. Remember Jesus’ first beatitude: “How happy are the poor in spirit, theirs is the kingdom of God” (Matthew 5:3). How amazing is that? I think this might just be the description of salvation and perfect freedom. They are the same, you know.” Richard Rohr
Jy is Kind van God. Jy is ‘n geestelike wese wat maar net ‘n kort tydjie op hierdie aarde is. “You are a spiritual being merely having a human experience…”. Dan skielik lag jy as jy terugkyk na al jou eie “containers” wat jy gedink het so “cool’ is. Hoe simpel kon jy wees…!
“When you get your,’Who am I?’, question right, all of your,’What should I do?’ questions tend to take care of themselves” Richard Rohr
Dis wanneer jy aan die “Whole” gekoppel is dat jy nie meer nodig het om die “Part” te verdedig nie. Jy is deel van iets baie baie groter. Jy is deel van iets wat onuitputlik is. ‘n Groot oseaan, en jy is ‘n druppeltjie. Jy dans nie meer rukkerig nie – jy vloei. Jy is besig met jou “sacred dance…”
“I promise you that the discovery of your True Self will feel like a thousand pounds of weight have fallen from your back. You will no longer have to build, protect, or promote any idealized self image. Living in the True Self is quite simply a much happier existence, even though we never live there a full twenty-four hours a day. But you henceforth have it as a place to always go back to. You have finally discovered the alternative to your False Self. You are like Jacob awakening from sleep and joining the chorus of mystics in every age. “You were here all along, and I never knew it!” he says (Genesis 28:16). He anoints the stone pillow where this happened and names it Bethel, or “the house of God and gate of heaven” (28:17–18).4 Jacob then carries the presence with him wherever he goes. What was first only there is soon everywhere. The gate of heaven is first of all in one concrete place, better if carried with you, and best when found everywhere. That is the progression of the spiritual life.” Richard Rohr
Hou vas aan jou stoel: “Faith does not need to push the river because faith is able to trust that there is a river. The river is flowing. We are in it.” ― Richard Rohr
Hier kom nog een: “It’s a gift to joyfully recognize and accept our own smallness and ordinariness. Then you are free with nothing to live up to, nothing to prove, and nothing to protect. Such freedom is my best description of Christian maturity, because once you know that your “I” is great and one with God, you can ironically be quite content with a small and ordinary “I.” No grandstanding is necessary. Any question of your own importance or dignity has already been resolved once and for all and forever.” ― Richard Rohr
En ‘n laaste een: Most of us were taught that God would love us if and when we change. In fact, God loves you so that you can change. What empowers change, what makes you desirous of change is the experience of love. It is that inherent experience of love that becomes the engine of change.” ― Richard Rohr
Stilte en “contemplation”
Die priester herinner my die jaar dat ons DNA van God af kom.
“We are created in the image and likeness of God”.
En dit moes ek weer besef hierdie jaar. Ons vind dit so moeilik om dit te glo. Dit is ‘n vreeslike groot geskenk van Hom, maar ons glo dit nie. Miskien van ander mense. Maar nie van my nie. Hoe kan ek God se DNA in my hê?
“Remember, Jesus said that we also are the light of the world (Matthew 5:14), as well as saying it about himself (John 8:12). Strange that we see light in him but do not imitate him in seeing the same light in ourselves. Such luminous seeing is quite the opposite of the closed-minded, dead-hearted, body-denying thing that much religion has been allowed to become. As you surely have heard before, “Religion is lived by people who are afraid of hell. Spirituality is lived by people who have been through hell and come out enlightened.” Richard Rohr
Wie ek is in God, en wie God is in my, is die enigste self wat ooit bestaan het.
“The energy in the universe is not in the planets, or in the protons or neutrons, but in the relationship between them.” Richard Rohr
Al my “containers” oor al die jare was mensgemaak en vals. En meeste mense besef dit nie. Hulle dink hulle is hulle denke. Of hulle huis. Of hulle geld. Of hulle vriende.
“Your True Self is who you are, and always have been in God . . . The great surprise and irony is that “you,” or who you think you are, have nothing to do with its original creation or its demise. It’s sort of disempowering and utterly empowering at the same time, isn’t it? All you can do is nurture it.” Richard Rohr
En die rede hoekom hulle dit nie weet nie, is omdat niemand dit vir hulle vertel nie. Hulle het nie die “tools” om te kan “connect” met wie hulle regtig is nie.
“Our religious institutions are not giving very many men access to credible encounters with the holy or even with their own wholeness. We largely give men mandates, signposts, scaffolding and appealing images that tend to create religious identity and boundaries, but from the outside.” Richard Rohr
Want dualisme en “container living” gaan jou nooit daar bring nie.
“We moved from wondering to answering, which has not served us well at all.” Richard Rohr
Dis soos om oorsee te wil gaan maar jy het net ‘n ou dikwielfiets met een wiel…en dan is die ander wiel ook nog pap.
“Religion is best when it points beyond itself, like Isaiah or John the Baptist. It is worst when it gives you just enough of the forms to inoculate you against the substance, when it substitutes rituals for reality, the container for the contents, the wineskins for the ecstatic wine.” Richard Rohr
Hierdie jaar het Rohr my geleer dat ek gebed anders moet definieer.
“A lot of us pray as if prayer is really twisting the arm of God or convincing God to do something. We think by saying more words we’ll talk God into it. We think, “If I say it one more time, God will agree with me.” That very attitude is an alienating attitude. It keeps us in the role of doing it “right” or often enough to convince an unready or unwilling God. Wrong, wrong, wrong!” Richard Rohr
Gebed is volgens hom om in stilte te sit totdat die stilte ons stilmaak ….
“I am just like you. My immediate response to most situations is with reactions of attachment, defensiveness, judgment, control, and analysis. I am better at calculating than contemplating. Let’s admit that we all start there. The False Self seems to have the “first gaze” at almost everything. The first gaze is seldom compassionate. It is too busy weighing and feeling itself: “How will this affect me?” or “How can I get back in control of this situation?” This leads us to an implosion, a self-preoccupation that cannot enter into communion with the other or the moment. In other words, we first feel our feelings before we can relate to the situation and emotion of the other. Only after God has taught us how to live “undefended,” can we immediately stand with and for the other, and in the present moment. It takes lots of practice. On my better days, when I am “open, undefended, and immediately present,” as Gerald May says, I can sometimes begin with a contemplative mind and heart. Often I can get there later and even end there, but it is usually a second gaze. The True Self seems to always be ridden and blinded by the defensive needs of the False Self. It is an hour-by-hour battle, at least for me. I can see why all spiritual traditions insist on daily prayer, in fact, morning, midday, evening, and before we go to bed, too! Otherwise, I can assume that I am back in the cruise control of small and personal self-interest, the pitiable and fragile “Richard self.” Richard Rohr
Gebed is om dankbaarheid te kies totdat ons dankbaar word…
“In my experience, if you are not radically grateful every day, resentment always takes over.” Richard Rohr
Gebed is om God te loof en prys totdat onsself ‘n konstante daad van lof is…
Ek probeer minder praat wanneer ek nou bid. Ek word stil soos ‘n klein voëltjie wat net sy bekkie oopmaak. Want sy Pappa het vir hom ‘n wurmpie gebring. Ek probeer God minder “uit-figure” met my kop.
In solitude, at last, we’re able to let God define us the way we are always supposed to be defined—by relationship: the I-thou relationship, in relation to a Presence that demands nothing of us but presence itself. Not performance but presence” Richard Rohr
‘Trying to explain God is like trying to explain the Milky Way to an ant.” Hy kom nie na my toe op ‘n kognitiewe kopvlak nie.
Hy “connect” met my.
Ek moes leer om dit net toe te laat. Met my bekkie oop!
Ek leer nou net om stil te word. Sodat my modderpoeletjie stadig maar seker weer helder kan word. En ek leer om God toe te laat om na my toe kom, en met my werk. Op Sy manier, nie myne nie. En met my DNA te werskaf. En my te vertroetel. En saam met my lag en te huil. En ek sukkel daarmee. Want my poeletjie is maar vol modder. Maar ek kom agter as ek sit in stilte, en myself uit die pad uit kry, dan kom God op Sy manier na my toe en werk met my. En stadig sak al die modder af in die poeletjie, en dan kan ek weer sien…
“Because I am a part of the Big Picture, I do matter and substantially so. Because I am only a part, however, I am rightly situated off to stage right—and happily so. What freedom there is in such truth! We are inherently important and included, yet not burdened with manufacturing or sustaining that private importance. Our dignity is given by God, and we are freed from ourselves!” Richard Rohr
“The people who know God well—mystics, hermits, prayerful people, those who risk everything to find God—always meet a lover, not a dictator.” Richard Rohr
“The morning glories and the sunflowers turn naturally toward the light, but we have to be taught, it seems.” Richard Rohr
“You cannot capture silence. It captures you…” Richard Rohr
En ons eie Desmond Tutu het vir Richard Rohr die volgende gesê toe hy hier was in Kaapstad: “We are only the light bulbs, Richard, and our job is just to remain screwed in!” Richard Rohr
Ek probeer dit – elke dag. Om net te draai na die Lig toe. In stilte.
Boeta se les
Yanik, ek wens drie dinge vir jou:
Dat jy vinnig in jou lewe sal besef dat die bril van dualisme jou nie gaan help met die dieper dinge in die lewe nie. Dat jy paradoks en misterie in jou hand sal kan vasvat en nie gegooi word daardeur nie. Dat jy vroeg in jou lewe sal besef dat antwoorde en wen nie altyd nodig is nie. En dat jy in enige interaksie eers sal soek vir die Ja voordat jy verblind word deur jou eie mensgemaakte dualisme.
Dat jy sal toelaat dat die lig sal skyn oor al jou ‘containers”. En dat hulle oor tyd self sal doodgaan soos onkruid. En dat jy nooit in jou lewe vasgevang sal word deur jou eie mensgemaakte “containers” nie. Dat jy vroeg sal besef dat geen “container” naby kom aan die ongelooflike waarheid van jou ware self: Kind van God – met Sy DNA in jou…
Dat jy nie sal bang wees vir stilte nie. Maar dat jy sal toelaat dat God na jou toe sal kom in jou stilte, en dat jy jouself uit die pad uit sal kry sodat Hy met jou kan werk. Dat jy elke dag sal draai na die lig toe soos die sonneblomme. Elke dag!