Die Gee en Vat Storie

Balans is belangrik.

My pa het altyd gesê iets met ‘n ‘te’ in is gevaarlik . Die sleutel lê maar in balans.

In my konsultasie besigheid gebruik ons dit baie. Ons gee dit net ‘n ‘fancy’ naam. Polariteitsbestuur. Om te kan besef dat sekere dinge in die lewe nooit opgelos kan word nie.

Maak nie saak hoe hard jy probeer nie.

Jy kan dit net balanseer.

Dink aan iets so eenvoudig soos asemhaling.

Jy kan NOOIT die probleem van asemhaling oplos nie. Jy gaan jou inasem ALTYD moet balanseer met jou uitasem.

Vir die res van jou lewe. Tot jy jou laaste asem uitblaas.

Dis ‘n polariteit.

Nie ‘n probleem nie.

So is daar baie polariteite in ons lewe wat ons misgis as probleme. En ons probeer dit oplos. En ons sukkel. Want dit wil nie opgelos word nie. Dit wil net gebalanseer word. Hoe mooi is hierdie:

“Get out of the Tyranny of the OR, and learn to get into the Genius of the AND” – Jannie du Toit en ander konsultante.

Ek dink en ek blog nogal baie oor die polariteit van ‘solitude’ AND ‘action’. Ons moet dink, en ons moet doen. En ons moet dit balanseer. Ons moet in die “Genius of the AND” kan ingaan. Maar dis bleddie moeilik. Want alles om ons skree vir aksie. En ons wonder oor mense wat hulself afsonder. En in Stilte ingaan. Dis asof hulle ‘weird’ is.

My vrou gaan merk Matriekvraestelle onlangs in Gauteng. En my seun gaan saam met koshuispelle Glentana toe om golf te speel. En ek is alleen by die huis vir agt dae.

En alles in my skree vir ‘extreme solitude’.

Ek is nie lus vir mense nie.

Ek is nie lus vir ‘shopping centres’ nie.

Ek is nie lus vir verkeer nie.

Ek is nie lus vir social media nie.

“Paradoxically, the ability to be alone is the condition for the ability to love.” Erich Fromm

Ek besef ek het ‘n hunkering na stilte.

Solitude.

Solitude

En ek gaan toe in ‘n spasie in van absolute stilte in by die huis.

Vir agt dae.

Ek slaap baie.

Ek eet gesond.

Ek bid.

Ek dink.

Ek lees.

Ek gaan alleen gym toe.

Ek vat my Yorkie alleen strand toe.

Ek werk alleen deur dinge.

Ek nooi niemand nie.

Just me, myself and I.

100% solitude.

“We must learn to get into the silence so that the silence can teach us to be silent.” Richard Rohr.

“The more powerful and original a mind, the more it will incline towards the religion of solitude.” Aldous Huxley

“You should sit in nature for twenty minutes a day. Unless you’re busy, then you should sit for an hour”. Becomingmindset

“I do not know if I am extremely sensitive or if life is unbearable.” Vincent Van Gogh

Stilte het my nog altyd beloon met groot insigte wat ek miskyk wanneer ek vasgeval is in die ‘Tyranny of the ‘OR”.

Dit het my nog nooit teleurgesteld nie.

Ek kry altyd ongelooflike skatkisse wanneer ek in stilte ingaan.

En stilte het my weereens ‘n groot skatkis gegee na hierdie agt dae. En ek wil dit graag met jou deel.

Stilte sê vir my ek is besig om weer vas te val in die Tyranny of the OR.

Ek gee te veel. Ek glo wel jy kan nie iets optel met ‘n toe hand nie. Maar soms sukkel ek met daardie balans.

Soms gee ek te veel van my geld, my tyd of my energie. En ek verwag ander gaan dit ook doen. So eenvoudig soos dit. En nie almal doen nie. Min doen eintlik. En dis nie omdat hulle sleg is nie.

Baie is maar net gewoond aan vat.

Dit sê ek versigtig want soms is daar mense wat graag tyd, geld en energie wil gee maar net nie in ‘n posisie is om dit te kan doen nie . En ek moet dit kan raaksien. En dit respekteer en opreg waardeer. Die weduwee se kruik het die beste olie.

Maar die ander…

Ek sien dit veral met die verhuring van my eiendomme. Dis asof sommige huurders dink hulle doen my ‘n verskriklike guns om my plek te huur. En sodra daar iets kleins verkeerd gaan, dan wil hulle dit onmiddellik reggestel hê. Want hulle betaal dan huur. En hulle skop vas soos ‘n donkie as die huur met ‘n netelige 4% opgaan per jaar. En as hulle die plek verlaat, los hulle een groot gemors. Jy kan maar allerhande ‘governance’ probeer inbring – jy trek maar op die einde aan die kortste end. Hulle kyk heeltyd waar kan hulle ietsie ‘score’. En dan is daar van my huurders wat absoluut dankbaar is vir wat hulle het. Wat nooit kom met onbillike versoeke nie. Wat jou plek in ‘n beter toestand los as wat hulle dit gekry het. Wat altyd betyds hulle huur betaal. Maar hulle is skaars.

Ek sien dit in my eie besigheid. Ek het uitstekende kontrakteurs. Maar daar is (en was) ook ander. As hulle nie jou kliënt (waaraan jy hulle voorgestel het) by jou probeer steel nie, dan wil hulle meer geld hê. En hulle is blind vir alles wat jy vir hulle doen en probeer doen. Hulle weet van vat. Verstaan maar baie min van gee. Dan is daar ander wat soos ‘n vis in die water is. Wat dankbaar is vir die geleenthede wat ek probeer skep vir hulle. Wat regtig aan my kant staan en saam met my probeer om my besigheid te groei. Wat soos ek, hulle man staan in die harde konsultasiebesigheid en dinge op die ken vat sonder om te kerm. Maar hulle is skaars.

Soos hoendertande.

Ek sien dit met sommige van my vriende. Hulle kom met leë hande by jou aan. En dan verwag hulle dat jy hulle moet ‘entertain’. Jou tyd. Jou geld. Jou energie. Jou hout. Jou wyn. Jou bad. Jou bed. Jou skottelgoed wat jy self moet was. Dat jy tog so bly behoort te wees dat hulle by jou kom kuier. Maar hulle gee nooit dieselfde tyd, geld en energie aan jou as wat jy aan hulle gee nie. Maar sal vinnig kom skep as hulle kan.

En dan het ek vriende wat absoluut verstaan van gee. Elke kuier met hulle is een groot plesier. Hulle ‘match’ jou op elke gebied met dit wat jy insit. En soms kan hulle nie – maar hulle bietjie is baie. Hulle kan net nie. Die weduwee se kruik storie.

Daai vriende is maar skaars.

Soos hoendertande.

Ek vra toe vir Stilte hoe bestuur ek hierdie polariteit? Van gee en vat.

En Stilte sê vir my: “Dis tyd. Jy is nou oud genoeg. Leer om mense te ontmoet met dieselfde energie en moeite as wat hulle gee. Nie meer nie. Nie minder nie. Dieselfde. As hulle 10% insit, sit jy 10% in. As hulle 80% insit, sit jy 80% in.”

Een van my vriende doen dit met sy wyn. Hy haal dieselfde klas wyn uit as wat sy gas bring. En as sy gas geen wyn bring nie, dan drink hulle water. Ek sukkel om dit reg te kry.

Maar hoor my reg. Die weduwee se kruik…

Ek is net versigtig vir die ander bliksems…

En Stilte sê vir my: ” Hou op om jouself maklik beskikbaar te maak vir mense wat jou nie prioritiseer nie…” Eish….

En Stilte sê vir my: “Jou afwesigheid in ander se lewens behoort doodeenvoudig te wees slegs as gevolg van hulle onveranderde gedrag.” Ek is nou oud genoeg om hierdie les te leer.

En Stilte sê vir my: “Jy kan nie mense verander wat nie wil verander nie. Maar jy kan jou lewe opmors deur wel te probeer. Jy kan wel jou nabyheid, reaksie en grense verander.” Eina…

En Stilte sê vir my: “Jy lewe op geleende tyd. Jy is 56. Omring jou nou met mense wat JOU kies. En laat die ander gaan…” Ja. Dankie Stilte. Ek gaan probeer.

En Stilte sê vir my:” Leer om hoe jy oor ander voel eenkant te sit. Gee bietjie aandag aan wat hulle aksies vir jou sê hoe hulle oor jou voel…” Eina…

En Stilte sê vir my: “Die duurste ding in die wêreld is vertroue (trust). Goedkoop mense kan dit nie bekostig nie.” Jô …

En Stilte sê vir my:” Begin onderskei dat baie mense ongelukkig in jou lewe inkom nie om jou lief te hê nie. Hulle kom om jou te gebruik. Hulle is nie lojaal aan jou nie. Hulle is net lojaal aan wat hulle kan kry van jou af. Sien hulle vinniger raak.” Ai tog!

Ja – ek sal hulle steeds liefhê. Maar ek moet my grense baie beter bestuur.

Boeta se les

Yanik, wees baie lief vir mense. Maar vertrou maar min van die bliksems.

Maar gaan kyk dan ook na jou Pa se voorbeeld.

Hy het vir ons kom wys hoe.

Eers het die hoender drie keer gekraai…

En toe word dieselfde ou wat die hoender laat kraai het genoeg vertrou om die rots te word waarop Hy Sy kerk bou…

Wat ‘n voorbeeld…!

Daai dwarslat bly darem baie hoog vir my.

Lief vir jou

Pappa

Die Kokkie Storie

My jonger suster Karli bel my so rukkie terug. Hulle gaan bietjie kamp in die Moordernaarskaroo en hulle nooi ons saam.

Ek is mal oor die Karoo. Sal nooit ‘n geleentheid mis om Karoo toe te gaan nie.

En so is ons in die Moordenaarskaroo in.

Op ‘n plaas so 40 kilos op die grondpad noord van Laingsburg.

En die Karoo het behoorlik sy arms om ons gevou.

Op alle maniere.

As dit nie vir die vetplantjies of die blommetjies was nie, dan was dit die vuur of die staanrib of die skaaptjops of die rooiwyn of die sterre of die vars lug of die wind of die klippe of die swart moerkoffie of die reuk van die vroeë Karoo-aand of die stilte of die klim teen die berg uit of die grondpad of die slaap op my stretcher onder die sterre of die koggelmanders of die goggas of die spinnekoppe.

Daar is iets in die Karoo…

En toe een aand om die vuur toe speel Karli vir ons hierdie ‘clip’ – Luister hom:

Toe sit ons stil om die vuur.

En elkeen vee so stil-stil ‘n traan af.

Boeta se les

Yanik – weet jy wat is die ou duiwel se nr 1 wapen teen jou?

Nee – dis nie versoeking nie, maar hy gebruik dit ook.

Nee – dis nie wellus of gulsigheid of vraatsugtigheid nie – maar hy gebruik dit ook.

Nee – dis nie skuldgevoel (‘guilt’) of skaamte (‘shame’) nie – maar hy gebruik dit ook.

Nee – dis nie materialisme of snobisme of afguns of sonde nie – hy gebruik dit ook.

Nee – jy is verkeerd. Ek het ook gedink dit is miskien moedeloosheid of hopeloosheid.

Toe nie.

Dis om jou te laat dink en voel dat jy alleen is.

Dat God vergeet het van jou.

Dat Hy Sy rug draai op jou.

Dit is die duiwel se Nr. 1 wapen om jou te gooi. As hy jou eers net kan kry om dit te glo, dan volg die res.

Maar gaan sit bietjie in die Karoo.

En word stil.

Dan kom die Karoo rondom jou.

Sy plante en wind en klippe en vuur en sterre en son en maan en reuk en stof kom alles rondom jou.

Alles skree Sy liefde en teenwoordigheid uit.

Dan besef jy Hy is baie naby aan jou. Nader as wat jy aan jouself is.

Hy is ‘obsessed’ oor jou.

Hy tiekiedraai oor jou.

En dan verstaan ek oom Kokkie so bietjie beter.

Want hy kom van die wêreld af.

Die Moordenaarskaroo.

Mag jy weet dat God rondom jou is soos die berge om Jerusalem.

Lief vir jou

Pappa

Die Transaksie storie

“Darkness cannot drive out darkness; only light can do that. Hate cannot drive out hate; only love can do that.” – Martin Luther King Jr., “Strength to Love” (1963)

Die afgelope tyd loop ek rond met malende gedagtes. My poeletjie was behoorlik vol modder. En dis vir my moeilik om dit saam te vat, struktuur aan dit te gee en dit in gestalte te kan bring. Mark Twain het gesê: “I did not have the time to write a short letter. Therefore I wrote a long letter”. En na baie gestoei met myself en my gedagtes dink ek ek is reg om dit wat binne my aangaan, in ‘n ‘taamlike’ kort brief te kan beskryf…

Ek dink die modder het so bietjie gaan sak in my poel.

Toenemend vind ek myself in ‘n wêreld van transaksies. Ek bestuur ‘n bestuurskonsultasie besigheid, en ek bestuur ‘n paar eiendomme. En die hele tyd is daar iemand wat of iets wil hê by my, of ek wil iets hê by hom/haar. Dis fakture wat uitgereik moet word, maar ook betaal moet word. En al die gesprekke gaan daaroor. Of dis te veel geld, of dis te min geld. Of dis nie betaal nie. Of niemand wil betaal nie. Of dit is betaal. Die hele tyd gaan dit oor transaksies.

As ek in my karretjie klim om iets te gaan koop, dan staan daar iemand by die robot. Hy wil ook ietsie by my hê. Hy soek ook ‘n transaksie. Hy verkoop sy armoede en ek gee vir hom ‘n geldjie. As ek parkeer, dan kom daar ‘n karwag aangehardloop. Hy soek ook ‘n transaksie. As ek kos koop by die winkel, dan haal ek my kaart uit en betaal. Nog ‘n transaksie.

Alles in my dag is gekoppel aan blêddie transaksies….

Ek is kwaad vir LinkedIn. Ek sit met soveel ‘followers’. Maar almal van hulle probeer iets aan my verkoop. En as jy nie wakker is nie, dan klik jy iewers op ‘n ‘link’ waar mense jou geld probeer vat. Dis ook ‘n transaksie. Die ‘scammer’ kry my geldjie in ruil vir my onnoselheid.

Dis ‘n koue wêreld hierdie.

‘n Wêreld van baklei en onderhandel om seker te maak jy trek nie aan die kortste ent nie. As jy dit nie doen nie, verloor jy jou plekkie in die son.

Almal soek ‘n geldjie.

En soms vind ek dat hierdie transaksie-wêreld ook baie subtiel kan raak. Dis baie keer baie goed weggesteek agter die masker van vriendskap. Jy loop jouself vas in kamma vriendskappe wat eintlik maar net ietsie soek by jou. Jy is eintlik in hulle oë maar net nog ‘n kommoditeit. Totdat daar nie meer waarde vir hulle oor is nie. Dan is die vriendskap ook sommer verby. Ou Langenhoven het mos gesê: ” Wees baie goedkoop met jou vriendelikheid – maar baie duur met jou vriendskappe”. Hy het ook seker iewers dit agtergekom.

Alles transaksies.

Yskoud.

Dan kom jy op ‘n punt wat jy so gatvol word vir hierdie transaksies. Want ons is tog meer as net blote transaksies. Maar jy word so gebombardeer met transaksies dat dit voel asof jy gaan verdrink.

En dan gaan klim ek op teen Helderberg. En ek gaan sit daar op my bankie. En ek laat toe dat die stilte my stilmaak. En dat al die modder sak in my poeletjie.

En dis wat ek vandag weer gedoen het. En die stilte op die berg het my die antwoord gegee. Dink ek.

Nadat ek lank oor die see gestaar het.

En my modder laat sak het in my poeletjie.

Stilte sê toe vir my of ek kan onthou jare terug toe ek begin het met my loopbaan. Dat ek in my internskap afgekom het op ‘n leierskapsmodel van Bass & Avolio, Dit is een van die mees nagevorste studies nog oor leierskap. Gaan google dit. Daar is tonne inligting oor dit op die internet. Full Range Leadership. Hier is een link net om jou aan die gang te kry: https://en.wikipedia.org/wiki/Full_range_leadership_model

Stilte herinner my dat hierdie navorsing baie mense klassifiseer as transaksioneel van aard. Hulle doen transaksies. Die hele blêddie dag. Geldjie in of geldjie uit. Jou doen jou werkie, en ons betaal jou jou geldjie. En dis waar dit begin en waar dit stop.

Jy doen jou deel – en ek doen my deel. En as jy nie jou deel doen nie, dan doen ek ook nie meer my deel nie. Eenvoudig.

Maar Bass & Avolio vind toe ook in hulle navorsing dat daar leiers is en was wat uitgestyg het bo hierdie yskoue transaksie wêreld. Hulle was transformerend van aard. Nie net transaksioneel nie. Mense word anders as gevolg van hulle. Deur net met hulle in kontak te kom, verander mense. Vir altyd. Dit is baie meer as net ‘n blote transaksie. Dit is ‘n transformasie.

Die wurm word ‘n papie word ‘n skoenlapper. As gevolg van hierdie leier.

En stilte herinner my dat Oom Bass & Avolio toe ook in hulle navorsing uitgevind het daar is eintlik binne hierdie wêreld van transformele leierskap ‘n konsep wat hulle toe noem – “The 4 I’s of Transformational Leadership”. En hierdie 4 I’s staan vir : 1) Individual Consideration 2) Inspirational Motivation 3) Intellectual Stimulation 4) Idealised Influence.

Hulle vind in hulle navorsing dat alle leiers in die verlede wat hierdie wêreld geskud het met hulle transformele styl, gekoppel kan word aan een of meer van die 4 I’s.

En stilte herinner my aan Mother Teresa. Sy het die vlaggie gedra van Individual Consideration. Regtig omgegee oor mense. Nie net omdat sy ‘n transaksie soek nie. Sy sê: “If you judge people you do not have time to love them.”

Sy sê ook: “Please don’t kill the child. I want the child. Please give me the child. I am willing to accept any child who would be aborted, and to give that child to a married couple
who will love the child, and be loved by the child. From our children’s home in
Calcutta alone, we have saved over 3,000 children from abortions. These children
have brought such love and joy to their adopting parents, and have grown up so full
of love and joy!”

Die tannie Theresa het haar kop kon uitkry bo hierdie aardige transaksie wêreld en met haar een I – “individual consideration” het sy ‘n moerse verskil gemaak. En net so is daar nog baie ander wat hierdie vlaggie gedra het. Ons eie Tutu was ene. Daar is baie mense waaraan ek kan dink in my eie ou lewetjie wat hierdie vlaggie so mooi gedra het. Sonder dat hulle nou bekend is. Op hulle stil manier het hulle hierdie ‘I’ vir my gewys.

Stilte herinner my aan Winston Churchill. Hy het die vlaggie gedra van Intellectual Stimulation. Jy kan maar gaan lees oor hom. Lady Astor sê eendag vir Churchill: “If I were married to you, I’d put poison in your coffee.” Reply: “If I were married to you, I’d drink it.” En moenie vergeet van CS Lewis nie. En Ernest Hemingway. Of Einstein. Of Stephen Hawking. Of Steve Jobs. Of oom Plato. Daar is reuse wat op hierdie aarde rondgeloop het en die vlaggie van ‘intellectual stimulation’ met trots gedra het. Wat dit kon regkry om bo die vervelige transaksie-wêreld te kon uitstyg en mense en hierdie wêreld te verander het omdat hulle mense kon laat anders dink oor dinge. Ek onthou mense in my lee wat my gehelp het om heel anders te dink aan dinge. As jy wegloop by hulle, dan ‘sing’ jou kop soos hulle vir jou vars perspektiewe gedeel het en anders laat dink het oor dinge.

Stilte herinner my aan reuse soos Ghandi; Martin Luther King; ons eie Nelson Mandela; Abraham Lincoln; Tannie Oprah Winfrey; Beethoven deur sy musiek. Erwin Rommel. Columbus. Daar is nog baie. Almal het die vlaggie gedra van “inspirational motivation”. Hulle kon dit regkry om mense te inspireer en te motiveer. En hulle daardeur te verander. Hulle te transformeer om uit te styg bo simpel transaksietjies. Deur hulle te ‘inspire’ en hoop te gee. Baie mense het my al persoonlik gehelp om weer op te staan en die lewe vierkantig in die gesig te kyk deur hierdie vlaggie so mooi te dra – dankie tog vir hulle.

En stilte herinner my aan groot reuse wat op hierdie aarde geloop het. Joan of Arc; Thomas Jefferson; Shaka Zulu; Napoleon Bonaparte; Sitting Bull; Musselini; Margarate Thatcher; Angela Merkel; Barrack Obama; Paul Kruger; Generaal De la Rey en vele meer. Almal het die vlaggie gedra van “idealised influence”. Hulle het massas gemobiliseer (soms goed en soms sleg) slegs deur hoe hulle opgetree het as rolmodel. Hulle kon dit regkry om mense te kry om hulle te wil volg. Selfs oom Hitler het hierdie vermoë gehad – maar hy het dit ongelukkig heeltemal verkeerd aangewend. En massas het hom gevolg. En dan is daar is mense in my persoonlike lewe wat nou nie bekend is nie, maar wat hierdie vlaggie so wonderlik dra dat ek net oopbek na hulle staar in verwondering.

En toe slaan Stilte my hard.

Stilte vra vir my of ek mense ‘transform’ deur my 4 I’s…?

in watter mate kry ek dit reg om soos Mother Theresa my ‘I’ van individual consideration vir hierdie wêreld te wys? En wanneer laas het ek my ‘I’ van Intellectual Stimulation gebruik om iemand te help om anders te dink oor dinge? En wanneer laas het ek iemand weer hoop gegee met my ‘I’ van Inspirational Motivation? En hoeveel mense kyk na my as rolmodel en wil soos ek wees omdat ek my ‘I’ gebruik van Idealised Influence?

Of “transact” ek net met mense ???

Ek vra toe vir Stilte: “Maar hoekom kry ek dit nie reg nie?”

Stilte herinner my toe aan Charles Spurgeon:” God does not need your strength. He has more than enough power of His own. He asks for your weakness. He has none of that Himself. He is longing, therefore, to take your weakness, and use it as an instrument in His own mighty Hand. Why do you not yield your weakness to Him, and receive His strength…??”

To stap ek skaam en in alle nederigheid af van die berg af en lek my wonde by die huis…

Boeta se les

Yanik – die Woord sê dit duidelik ons moet lig wees wat na duisternis toe gaan. En ons moet suurdeeg wees wat na deeg toe gaan. En ons moet sout wees wat na nie-sout toe gaan.

En in my taal is dit miskien om jou 4 I’s te vat na die koue transaksie-wêreld toe.

En mense te “transform” deur jou 4 I’s.

Ons is baie meer as transaksies.

Daar was een Leier wat al vier die I’s vir ons kom wys het.

2000 jaar terug.

Gaan kyk maar hoe dra Hy die vlaggie van Individual Consideration in die Woord. Hy huil oor ons. Hy ken ons. By die naam. Selfs al die hare op jou kop.

Gaan kyk hoe vat hy die Fariseërs vas met Sy vlaggie van Intellectual Stimulation. Of hoe skryf Hy in die sand wanneer die mense die vrou wat gevang is met egbreuk wil stenig. Dat hulle skaam wegdrentel…

Gaan kyk hoe vat Hy 12 ‘no-bodies’ en maak hulle die eerste Christene en verander die wêreld met sy vlaggie van Inspirational Motivation.

Of gaan kyk hoe dra Hy die vlaggie van Idealised Influence in so mate dat miljoene mense Hom volg en Hom wil volg.

Alles transformasie.

Niks transaksie nie.

Hy was nie groot op transaksie nie. Almal om hom was vasgevang in transaksies.

Moenie so vasgeval word in die aarde se ‘candy store’ van transaksies dat jy vergeet dat jou “job”, soos myne, is om 4 I’s na die wêreld toe te bring.

Ons moet mense “transform” – nie net ‘transact” met hulle nie.

Ons en die mense om ons is meer as transaksies.

Baie meer.

Lig; suurdeeg; en sout. Na duisternis toe. Na deeg toe. En na nie-sout toe.

En onthou – jy is net ‘n loot. Jy is niks as die loot nie ‘ingeplug” is by die wingerdstok nie.

So moeilik en so maklik soos dit.

Dis hoekom ons hier is.

Lief vir jou

Pappa

Die Namib storie

‘”Julle gaan my moet afvlieg. Kom haal my op die lughawe. Ek is te hartseer. Ek te lief vir die land. Ek sien nie kans om af te ry deur Suidwes nie.”

Dis was my pa se woorde.

Hy was verantwoordelik vir propoganda by die Suidwes Uitsaai Koöperasie in die ou Suidwes Afrika. En toe ou Sam Nujoma oorneem, toe word die SWAUK oornag die NBC (Namibia Broadcasting Cooperation). Toe is sy ou joppie skielik in gevaar. En nie lank daarna nie, toe vat hy pakket.

En toe moet ons klomp Du Toit’s Republiek toe trek.

Dit was in 1990 rond. Want toe ek weer vir hulle gaan kuier, toe bly hulle in Pretoria. My pa het die plek gehaat soos pes. Maar my ma het ‘n behoorlike ‘joppie’ daar gekry en sy het eintlik die broodwinner geword. En my pa het die sjef van die huis geword.

So besluit ek en my sussie onlangs dis miskien tyd om weer aansoek te doen vir ons Namibiese burgerskap. Prof Manie Spoelstra het my dit geleer in my internskap. As jy opsies het, kan jy onderhandel. As jy geen opsies het nie, kan jy maar net droom van onderhandeling. So om so ‘n kaart in my hand te hê kan miskien net help met opsies.

Net vir as dit ooit sou nodig wees. Wie weet…

En ons spring in die karretjie en ry 1450 kilos op een dag Windhoek toe van Somerset Wes af. Net koffie en water in die kar. Nie tyd vir hana hana nie.

Daar is net tyd vir piepie en petrol. Niks anders nie.

04h00 op die 7de Januarie 2024 is ons hier weg. Net so na 20h00 die aand is ons in Windhoek.

Ons het die foto geneem terwyl ons ry. Net voor Windhoek.
Ek het so vier van hierdie Rohack brötchens ge-eet. Sou nog so 24 kon doen. Saam met lekker Duitse koffie

Alles gedoen wat ons moet doen. En ons ‘submission’ gedoen aan Namibia Home Affairs.

Ek en my matriekpelle van 1986. Het hulle 38 jaar laas gesien
Geelvet. Soos jy hom net in Namibië kan kry….
Ons het die foto geneem op pad terug 10 Januarie 2024- net duskant Grünau. Daai pad hou net aan en aan en aan…
My matriekpel Bertie stuur toe vir my die foto na aanleiding van my foto hierbo. Hierdie is net op pad terug van Suid-Afrika af. Dit was blykbaar in hulle nuusblad op die 12de Januarie 2024.

En 04h00 die Woensdag 10 Januarie 2024 toe ry ons 1450 kilos terug Somerset Wes toe.

Toe is ons klaar.

BOETA SE LES

Yanik, ek verstaan nou wat Oupa bedoel het toe hy wou afvlieg en nie wou afry nie. Toe ek jonger was het ek dit nie verstaan nie.

Maar ek verstaan dit nou.

Daar is iets in daardie land wat baie ver anderkant woorde is.

Moenie eers probeer nie.

Daar is vryheid daar. Op ‘n ander ‘level’…

Ek het ‘n traan gepik op pad terug.

Want ek het op ‘n manier gevoel wat my pa geweet het hy gaan voel as hy sou afry.

Volgende keer vlieg ek eerder.

Lief vir jou

Pappa

Die tweede helfte storie

Ek het baie tyd om te dink die afgelope tyd. En te reflekteer. En hoe meer ek dink, hoe meer kom ek agter ek is definitief in die “second half of life” . Dit het my lank gevat. Maar ek is daar. Gaan ‘google’ bietjie hierdie onderwerp – ‘second half of life’…

Lang storie kort. Hier is ‘n paar ‘quotes’ wat die verskil tussen die eerste helfte en die tweede helfte duidelik maak.

One cannot live the afternoon of life according to the program of life’s morning; for what was great in the morning will be of little importance in the evening, and what in the morning was true will at evening become a lie.

Carl Jung

“In the second half of life, we do not have strong and final opinions about everything, every event, or most people, as much as we allow things and people to delight us, sadden us, and truly influence us.”

Richard Rohr

“In the second half of life one has less and less need or interest in eliminating the negative or fearful, making again those old rash judgments, holding on to old hurts, or feeling any need to punish other people. Your superiority complexes have gradually departed in all directions. You do not fight these things anymore; they have just shown themselves too many times to be useless, ego based, counterproductive, and often entirely wrong. You learn to positively ignore and withdraw your energy from evil or stupid things rather than fight them directly. You have learned that most frontal attacks on evil just produce another kind of evil in yourself.”

Richard Rohr

In the second half of life, it is good just to be part of the general dance. We do not have to stand out, make defining moves, or be better than anyone else on the dance floor. Life is more participatory than assertive, and there is no need for strong or further self-definition.

Richard Rohr

I no longer have to prove that I or my group is the best, that my ethnicity is superior, that my religion is the only one that God loves, or that my role and place in society deserve superior treatment. I am not preoccupied with collecting more goods and services; quite simply, my desire and effort is to pay back, to give back to the world a bit of what I have received.

Richard Rohr

The first half of life is learning to be an adult, the second half is learning to be a child.

Picasso

Our first half is about how to make a living, and our second half has the promise of being about how to make a life

Bob Buford

Ek is definitief hier. Ek wil weer kind word. Ek wil leef, en nie ‘n lewe probeer maak nie. Nie meer lus om ander mense te probeer ‘impress’ nie. As hulle nie hou van my nie – hulle moer ook. Nie meer lus om elke argument te probeer wen nie. Ek kry dit deesdae reg om mense te los in hulle ‘uninformed opinions’. Hulle moet maar met tyd besef hulle het eintlik die kat aan die gat beet. Ek gaan hulle nie meer probeer oortuig nie. My Engelse juffrou in Namibië Juffrou Du Toit sou sê – “Let them fry in their own fat’…

Nie meer lus om die snaakste grappies om die braai te hoef te vertel nie. Of lag vir ander se simpel grappies net sodat hulle ook OK voel nie.

Ek wil net alles waardeer.

Vir wat dit is.

“Warts & all”.

En dinge toelaat om my te ‘delight”, of te ‘sadden’, of te beïnvloed.

Ek wil net deel wees van die dans. Ek wil net meer deelneem. Sonder om te hoef te wen. Ek wil my ego regtig moer toe stuur…

“More appreciation – less judgement and assertion”.

En teruggee aan die lewe vir alles wat ek so oorvloediglik ontvang het.

Ek wag deesdae ure lank vir die son om te sak…

Strand se sonsondergang

Ek sien blommetjies raak…

Blommetjie in Helderberg Nature Reserve

Dis vir my heerlik om lekker kos te probeer maak vir mense. En te sien hoe hulle dit geniet…

My panzanella

Ek sit ure op ‘n bankie en kyk oor die see…

My bankie

Of ek ry in my karretjie met my Yorkie agter my nek met haar kop buite die venster en snorbaarde in die wind – en om te geniet hoe sy alles raaksien….

Klein dingetjies…

Soos om ‘n lekker wyn saam met iemand te geniet…

Om saam met my vriende te lag..

Of te huil…

Of om in die son te lê en net te ‘wees’…

My Yorkie Muffin

Maar dit was nie altyd so nie.

Ek dink ek het nogal vasgesit in ‘first half”. Baie onnodige tyd en geld gemors daar. Ek wens so ek het vinniger die leegheid besef van ‘1st half’…

Hopeloos te veel tyd gemors daaraan om tog net vriende en geld te kan hê sodat ek nie eensaamheid en stilte en armoede hoef te ervaar nie. Onnodige geld en tyd spandeer om mense gelukkig te probeer hou wat vandag niks vir my beteken nie. Te veel tyd gemors saam met mense waarvan ek nie gehou het nie, maar wat iets vir my loopbaan kon beteken. So asof hulle my toekoms kon bepaal. Of so het ek gedink…

“The first half of life is devoted to forming a healthy ego, the second half is going inward and letting go of it.”

Carl Jung

The first half of life is spent in longing for the second, the second half in regretting the first.

French Proverb

Ek is so spyt oor al die jare wat ek gemors het in ‘first half’. Hierdie blinde gejaag na sukses en geld en status en mag. Watter kar jy ry? Waar jy bly? Wat jy doen? Met wie jy pelle is? Waar jy vakansie hou? Blêddie ‘sickening’…

Maar dan besef ek ook dat almal tog ‘first half of life’ moet doen voordat jy by ‘second half’ kan uitkom. Jy moet daar begin.

Jy het ego nodig om dit te kan laat gaan.

Jy begin nooit by ‘second half’ nie.

Jy eindig daar.

Boeta se les:

Ou seun. Moenie dieselfde foute as jou pa maak nie. Doen jou ‘first half’.

Maar kry klaar met dit.

Sommer vinnig.

Probeer by ‘second half’ so vinnig as moontlik uitkom.

Die lewe is te kort om tyd te mors.

Lief vir jou

Pappa

Die Eland storie

In 2004 was ek en Lynette in Gaborone – Botswana. Yanik is daardie jaar gebore. Ek was op ‘n groot SAP projek die veranderingsbestuurder vir Debswana. Ek koop toe ‘n 4×4 Mazda Drifter bakkie by my vriend Marius von Wielligh. En ons besluit ons gaan die bakkie uittoets in Khutse Game Reserve. Daar is nie kampe daar nie. Dis rof en onbeskof. Jy slaap in die veld. Ons twee besluit ons gaan ‘n tentjie opslaan, ‘n lekker groot vuur maak, woeste steaks braai en verskriklik baie bier drink. En so is ons toe daar weg.

Hierdie bakkie het baie dinge gesien in Botswana

Ons het langs ‘n pan in die middel van nêrens ons tent opgeslaan, vuur gemaak en begin braai. Net ek en Marius in die middel van nêrens. Dinge het rof gegaan daardie aand. Die bier het geloop. Dit het ge-eindig waar ek en Marius gekyk het wie kan die vinnigste met die bakkie om die pan jaag – in die middel van die nag. En die volgende oggend het ons met rooi oë en seer koppe besluit ons gaan maar eerder huis toe – nie kans gesien vir nog ‘n nag in die veld nie. Ek onthou ons het blitsvinnig die volgende oggend vroeg die tent opgeslaan – in so mate dat toe ons drie maande later weer gaan kamp en die tent opslaan toe kry ons ‘n stuk gebraaide steak in die tent. Dis ook maar goed ons het eers later gehoor dat Khutse bekend is vir sy verskillende leeutroppe. Ook maar net genade dat ek nie daardie aand aan my been uit die tent getrek is deur ‘n honger vuilbaard nie.

Dit was baie vroeg die volgende oggend toe ons die pad vat terug Gaborone toe. Ons koppe was seer, ons oë rooi, en ons was verskriklik dors. Maar ons harte was vol. Die son was skaars op. En die veld was pragtig. En ons het stadig die grondpaadjie gevat terug Gaborone toe.

So 10 elande het net uit die bloute uit verskyn. En agter mekaar gehardloop. Vir lank, so langs my bakkie. So asof hulle met ons wou speel. Vroegoggend. En na seker ‘n kilometer of so wat hulle so langs ons hardloop, toe spring hulle almal een vir een so voor die bakkie oor die grondpad. Dit was ongelooflik. Hulle nekvelle het geskud soos hulle die grond tref nadat hulle hoog in die lug oor die pad gespring het. Hulle was so vry. En dit het vir my gevoel asof ek deel was van hulle. Asof ek daar ‘belong’ – daar in Khutse vroegoggend. Asof ek ook so vry was.

En ek onthou hoe ek op skool saam met vriende die son sien sak het in die Namib woestyn. En dan daar geslaap het op ‘n stretcher in ‘n slaapsak langs ‘n groot kameeldoringhout vuur. En as jy so op jou een sy lê, dan kyk jy so ver soos wat die oog kan kyk oor die Namib. En as jy omdraai op jou ander sy, dan kyk jy net so ver in die teenoorgestelde rigting in. En dan staar jy na die sterre in die nag. En die volgende oggend vroeg sien jy weer die son opkom oor die Namib met ‘n lekker koppie koffie. Daar in die Namib woestyn het ek ook gevoel ek ‘belong’. Ek het so klein maar ook so vry gevoel.

Yanik en die Namib

En ek onthou hoe ons tiervisse gaan vang het op die Groot Okavango. En hoe ons bootjie se enjin afgesit word en ons dan in stilte afdryf teen die rivier. En elke nou en dan hoor jy die visarend, of jy sien seekoeie wat vir jou loer, of ‘n krokodil wat op die rivierwal lê en bak. Ek onthou hoe ek so deel gevoel het van alles om my. So asof die Okavango my op my skouer wou klop en fluister – ‘you belong’.

Lynette en Yanik saam met vriende op die Okavango
Ek en Yanik op die Kasane rivier in Botswana

Of hoe ons as vriende Tankwa toe is. En daar om ‘n vuur gelag en gehuil het. En gedeel het met mekaar. Stories wat jy nie noodwendig met enigiemand sal deel nie. Die Tankwa het soos die Namib sy arms om my gevou en my gedruk. En vir my anderkant woorde laat besef dat ek ‘belong’, en dat ek vry is.

Ons en die Tankwa

Of hoe ek met my klein Jimny agter drie motorfietse 1200 kilometer grondpad ry deur die Karoo – van Stellenbosch af deur Prins Albert en Leeu Gamka en Frasierburg en Sutherland en die Tankwa tot weer in Somerset Wes. En die grondpad omhels my en druk my – en fluister vir my dat ek ‘belong’ en dat ek vry is.

Die Karoo grondpad en ‘n Tafel…
So loop hy in die Karoo…

En hoe ek die Visrivier canyon gaan stap saam met my sussie Karli en ‘n groep mense in 1998 en toe my vrou Lynette op die einste staptoer ontmoet. En hoe ek en Karli een aand in die canyon onder ‘n seiltjie sit omdat daar ‘n groot donderstorm was, en as die blitse slaan dan hoor jy hoe hardloop die donder van ver af in die canyon. Dit was ongelooflik. En die canyon het onder daai seiltjie sy kop vir my geknik – en bevestig dat ek vry is en dat ek ‘belong’.

Of hoe ek huilend langs my ma se sterfbed sit. En lank in stilte by haar sit in ‘n spasie waar woorde nie meer nodig is nie. En selfs in haar pyn het sy my hand vasgehou. En vir my geglimlag en my laat voel op haar manier dat ek regtig ‘belong’ – en dat ek vry is.

Ek en my sussie Karli by my ma net voor haar dood

En selfs jare terug in 1988 toe ek in die Artillerie in Angola was, onthou ek hoe ons ‘n speaker vasgemaak het aan ‘n Buffel. En met die oordowende lawaai van Neil Diamond se Hot August Night het ons deur Ovamboland se sjônas gejaag en hardop saamgesing. Ons het gedink ons was ongelooflik ‘cool’ – maar kan jy by jouself dink wat die terroriste sou dink as hulle ons so sou sien – een moerse stofwolk lawaai met ‘n Neil Diamond ‘flavour’. Maar op ‘n manier het ek vry gevoel. So asof ons en die Buffel en Oom Neil een was op die sjôna.

Seun Kesslau ry daai Buffel soos ‘n perd

Boeta se les:

Yanik – lees hierdie stukkie. En dan lees jy hom weer:

I rest and notice the trees rising out of the water. I look into the water and see how the trees have bonded with the algae and plant life. Aren’t I out here to learn how to bond to God?

Nature bonds, but it does not cling….


I look at the river. If I were to cling to it, I’d have to pick it up in a bucket and take some of it with me. I’d separate it from itself. If I were to cling to a tree, I’d have to break a part of it off, or uproot it. If I were to cling to a rock, I’d have to remove it from its home. This is worse: if I were to cling to the red bird, I’d have to cage him.
Maybe when I cling to people, I dim them, too. I separate them from their own inner roots. I help them to believe that they are dependent on me, or that the hunger in their bellies is a cry for me. I convince us both. And then we never hear the cry of hunger which is for God. Until this moment I have not understood that. I am hungry for God…. Now as I am eating and drinking (taking in) God’s creation, I feel satisfied. I am letting myself live in its beauty without needing to own it or control it or secure it for tomorrow. I am seeing it as it is … really seeing it.

And that is enough, to really see.

I am present to this moment.

That brings joy

Paula D’Arcy, Gift of the Red Bird: A Spiritual Encounter (New York: Crossroad Publishing, 1996), 93, 107–108

As die water nie gehoorsaam en verbonde wou wees aan die rivier nie en in ‘n emmer alleen sou wou voortbestaan, dan het die water sy vryheid en ‘belonging’ verloor.

As die blare en takke van ‘n boom op sy eie wou gaan en nie gehoorsaam wil wees van die boom nie, dan sou dit nie lank bestaan het nie.

As ek ‘n klip sou vat by die Spitzkoppe en dit na my huis toe bring, dan sou die klip nie so mooi gelyk het soos tussen die ander klippe in die Namib nie.

As ek ‘n voëltjie wou vang omdat dit vir my so mooi is, en dit in ‘n hokkie sou sit, sou daardie voëltjie sy vryheid en ‘belonging’ verloor.

Kan ‘n brander vir die see sê: “ Ek wil my eie ding doen – sonder jou…”…?

Net soos die water en die takke en die klip en die voëltjie en die brander ‘belong’, so ‘belong’ jy aan God. Hy het jou gemaak. Jy behoort aan Hom. Sonder dat jy iets hoef te doen. En die oomblik as jy jouself daarvan wil distansieer, dan gaan jy jou vryheid verloor.

Ons verloor dit so maklik deur te val vir die wêreld se ‘candy store’: sonde, begeertes; afhanklikheid van ander mense se opinie van ons; geld; besittings; mag. Dis alles ‘n simpel gejaag na wind. Dis leeg.

Die elande in die Khutse en die sterre in die Namibwoestyn en die visarend in die Groot Okavango en die vuur in die Tankwa en die grondpaaie in die Karoo en die blitse in die Visrivier Canyon en die koue hand van Ouma en die sjônas in Ovamboland het niks gedoen sodat hulle kan ‘belong’ nie. Hulle ‘belong’. Pint.

En alles was eintlik alles maar net God se manier om vir my vas te hou in Sy Liefde. En in my oor te fluister dat ek vry is in Hom – en dat ek ‘belong’.

Want Hy sê tog: “You, my brothers and sisters, were called to be free” Gal 5 v13.

Soos ek vanoggend in die kerk hoor: “Jou vryheid lê in gehoorsaamheid en verbondenheid aan God. ”

Mag jy nooit onbewustelik slaaf word deur te val vir die wêreld se ‘candy store’ nie.

Jy is vry, en jy ‘belong’….

Lief vir jou

Pappa

Die Dood storie

My pa en my twee sussies

Ek dink vanaand aan my ouers. Hulle is nou altwee weg. Maar hulle is so vars in my gedagtes.

Ek is nou in 2022 ‘n weeskind.

Op 54.

Ja – ek het nie meer ‘n ma of ‘n pa nie.

My pa is onverwags weg. Ons het dit sien kom, maar dit was steeds vinnig. Dood aan sy hart. Ek het die oproep laat in die nag gekry. In Johannesburg. In die IX35 gespring en deurgejaag Pretoria toe. Op pad het my sussie Karli my gebel en gesê ek is te laat.

Hy is klaar weg.

Hy het op die mat gelê. Sy ou groot lyf plat op die mat. Ek het hom vasgehou en gehuil, uit my hart uit.

Asof hy my sou kon hoor. Die ambulans het opgedaag en ons het hom in ‘n kombers gesit en op die ‘stretcher’ gesit en hulle is daar weg met hom.

Toe is ek terug Johannesburg toe. En toe ek die volgende oggend wakker word, toe was ek sonder ‘n pa.

Vir die eerste keer in my lewe.

My ma en pa

My ma se storie loop anders. Ek het haar verloor hierdie jaar.

03:30 23 Mei 2022 het sy haar laaste asem uitgeblaas.

Die groot kanker.

Ek het amper elke naweek probeer deurry van Somerset Wes af Mosselbaai toe. En dan het ek langs haar bed gesit, haar hand vasgehou en gehuil. En gekyk hoe die kanker haar stukkie vir stukkie opeet.

Ek het vir haar gebid. Ek het een aand alleen nagmaal gehou met haar, net ek en sy. Met rooi wyn en ‘n stuk droë brood. Nogal.

En ek het vir haar Psalm 23 hardop gelees tussen my trane deur.

En my storie vir haar gelees oor die oseaan. En vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd het ek my ma terug gehad deur die dementia en alles. Haar volle aandag – asof sy elke woord opgeslurp het:

https://www.diedutoitsonline.com/die-oseaan-storie/

En ons het gelag. En gehuil. En ons het mekaar gegroet. En toe spring sy in die Groot Oseaan in. .

En nou is altwee weg.

Ek was die naweek by ‘n vriend van my se sestigste verjaarsdag. En iemand praat oor hom en sê iets waaraan ek nog die heeltyd kou…

Hy sê as iemand doodgaan dan is ons nie noodwendig jammer oor die oorledene nie. Ons is jammer vir die mense wat agterbly. Want die oorledene het iets in hulle wakker gemaak wat net hulle kon. En met die afsterwe, gaan daardie stukkie ook dood in die wat agterbly.

En dis hoe ek voel.

Daar is iets dood in my wat net my ma en my pa kon wakker maak.

Niemand anders nie.

En nou is hulle nie meer hier nie.

Boeta se les:

Yanik, eendag gaan ek en Mamma ook nie meer hier wees nie.

Mag jy dan aan ons dink soos wat ek vanaand aan Oupa en Ouma dink.

Dat ons iets kon wakker maak in jou wat net ons kon doen.

Hierdie gedig verwoord wat ek probeer vir jou sê:

EK KAN JOU TRANE NIE AFDROOG NIE

ek kan jou trane nie afdroog nie

maar ek kan saam met jou huil

ek kan jou nie optel nie

maar ek kan langs jou kom kniel

ek kan vir jou nie antwoorde gee nie

maar ek kan luister na jou vrae

ek kan jou nie gesondmaak nie

maar ek kan seerkry as jy ly

ek kan jou woede nie stilmaak nie

maar ek kan ruimte maak vir jou storm

ek kan jou nie keer as jy wil weggaan nie

maar ek kan vir jou wag as jy terug sou wou kom

ek kan jou nie heelmaak nie

maar ek kan saam met jou veg teen dit wat jou wil breek

ek kan jou lied nie skryf nie

maar ek kan jou redes gee om te sing

ek kan jou nie peil nie

of stuur nie

of dwing nie

of definieer nie

maar ek kan jou liefhê

#koosvandermerwe

Lief vir jou

Pappa

Die Anna storie

Ek was in Desember 2021 by my ma in Mosselbaai. En die hele Desember sê sy vir my sy voel nie lekker nie. Dis asof sy die hele tyd naar en moeg is. Ons dink eers dis die pille wat sy drink. En ons stuur haar vir allerhande toetse en ondersoeke, maar ons kry nie ons vinger op die probleem nie.

Drie maande later word sy gediagnoseer met aggresiewe kanker wat versprei het uit haar eierstokke na haar hele lyf. En sy is te swak vir chemoterapie. Ons kry vir haar ‘n hospitaalbed by haar huis, sodat haar hondjie ook by haar kan lê. En ons kry vir haar ‘n verpleegster wat haar kan help omdraai en opstaan, en ons kry allerhande dingetjies in plek vir haar om haar so gemaklik moontlik te maak. Ons kry vir haar ‘n klokkie om te druk as sy ons hulp nodig het. En pienk goed om te drink om seker te maak sy kry haar vitamiene en dinge in.

En so word haar wêreld oornag baie kleiner. Sy lê net in die kamer. Sy kan nie meer loop nie. Druk net elke nou en dan die knoppie, dan help die verpleegster haar om op die toilet te kom. En as sy dan weer gaan lê, dan is sy heel uitasem.

My ma

En dit vir my sleg om my ma so te sien. Hoe die kanker haar opvreet. Hoe sy elke keer as ek haar sien voor my wegkwyn. Elke keer as ek kans kry, spring ek in ‘n bussie om by haar uit te kom. Knyp hier ‘n Vrydag af, of daar ‘n Maandag. En dan sit ek langs haar bed. En ons lag. En ons huil. En ek maak seker dat alles wat gepraat moet word, gepraat word. Want môre mag te laat wees.

En so spring ek die naweek van die 30ste April 2022 in die bussie en ry deur van Somerset Wes af. Om die naweek langs haar bed te kan sit en haar te ondersteun. Net by haar te kan wees.

Ek en my ma

En toe ek in haar kamer instap, sê sy dadelik vir my dat sy iets het om vir my te vertel. Grootoog. En ek gaan sit met my koppie koffie en luister.

Sy vertel dat sy een nag wakker word. En sy sien ‘n prentjie geteken teen die muur. Sy het haar hele lewe lank geskilder – so ek dog eers sy het ‘n skildery gesien wat iemand teen die muur opgehang het. Nee, sê sy. Dit was iemand wat dit teen die muur geteken het. Sy sê dat sy ‘n groot geel wolk sien. Amper soos in die Bybel van die wolk wat die Israeliete gelei het in die dag. Maar dit was heldergeel. En toe sien sy die woorde wat geskryf word op die wolk – “Terug na my Vader toe…”.

En onder die wolk sien sy ‘n klein mannetjie met ‘n hoed op. En iets soos ‘n vurk. Maar sy sê hy is regtig klein, en sy is glad nie bang vir hom nie. En sy kan ook sien hy is skelm. En hy maak ook nie oogkontak nie. Kyk af.

En aan die linkerkant van die prentjie sien sy haar wolkie wat op pad is na die geel wolk toe. En onder haar wolkie sien sy haar hele lewe, wat sy gedoen kon kry in haar lewe. Haar studies, haar oorsese reise, haar drie kinders, haar huwelik, haar kuns.

My ma se poging om te teken wat sy teen die muur gesien het

En sy sê dat daardie prentjie elke dag presies dieselfde lyk teen die muur. Maar net vir drie dae. Die vierde dag is die prentjie weg. Nie meer teen die muur nie. Skoonveld.

En toe vra ek haar wat sy dink die “prentjie” beteken. En sy kyk my verbaas aan asof sy wil sê:” Maar kry jy dit nie? Dis dan absoluut voor die hand liggend.”

Sy stap die pad elke dag met soveel styl

Sy vertel my dat sy na die geel wolk moet stap – elke dag. En haar oog net daarop moet fokus. Terug na haar Vader toe.

En ek vra:” Maar wat van die klein mannetjie? Hoekom is hy in die prentjie?”. Weer kyk sy my verstom aan.

Asof sy nie kan glo dat ek so simpel vraag kan vra nie.

Toe sê sy: “Hy is altyd daar…”.

Boeta se les:

Yanik – ons gaan almal hierdie pad stap wat Ouma nou stap. Sommige van ons gaan miskien, soos Ouma, op ‘n bed moet wag. Ander se pad is miskien makliker, waar hulle skielik weggevat word. Maar ons gaan die pad moet stap.

Elkeen van ons.

En wat Ouma vir my probeer sê deur haar prentjie is eintlik iets ongeloofliks. Die geel wolk is die glorie van God. Dis die misterie. Dis waar haar Vader is. En soos sy sê, die woorde op die prentjie het vir haar gesê:” Terug na my Vader toe…”.

Maar soos sy daar lê, kan sy kies. Elke dag. Sy kan kies of sy na die geel wolk wil kyk en daarnatoe stap.

Of sy kan fokus op die klein mannetjie. Dan kyk sy vas in haar pyn. Haar bekommernisse. Haar spyt. Haar situasie. Haar verlies. Haar siekte.

Maar in haar eie woorde: “Ek is nie bang vir hom nie. Hy is klein. Baie klein.”

Daar was iemand wat haar 14-jarige dogterjie moes afstaan aan die dood. Sy skryf:

There is no map for the landscape of loss, no established itinerary, no cosmic checklist, where each item ticked off gets you closer to success. You cannot succeed in mourning your loved ones. You cannot fail. Nor is grief a malady, like the flu. You will not get over it. You will only come to integrate your loss. . . . The death of a beloved is an amputation. You find a new center of gravity, but the limb does not grow back.

With reticence at first, and then with mounting courage, I dared to mourn my child. From the very beginning I suspected that something holy was happening and that if I were to push it away, I would regret it for the rest of my life. There was this sense of urgency, as if turning from death meant turning from my child. I wanted to offer Jenny the gift of my commitment to accompany her on her journey away from me, even if to do so simply meant dedicating my heartbeat and my breath to her and paying attention.

And so I showed up.

When a feeling I did not think I could survive would threaten to engulf me, I practiced turning toward it with the arms of my soul outstretched, and then my heart would unclench a little and make space for the pain. Years of contemplative practice had taught me just enough to know better than to believe everything I think—how to shift from regretting the past and fearing the future to abiding with what is. In this case, a totally [messed up] thing. The ultimate [messed up] thing. I sat with that.

I did not engage in this practice to prove something to myself or anyone else. I was not interested in flexing my spiritual muscles. I did it for Jenny. My willingness to stay present through this process was an act of devotion. By leaning into the horror and yielding to the sorrow, by standing in the fire of emptiness and saying yes to the mystery, I was honoring my child and expressing my ongoing love for her. It was not mere mindfulness practice; it was heartfulness practice

Maribai Starr

Hierdie tannie kon regkry om iets in woorde om te sit van hoe ek voel.

Daar waar die Disprin oplos.

As iemand doodgaan, dan is iets heiligs besig om plaas te vind. Maar dis ook ‘n tipe amputasie vir die wat agterbly. Dis seer. Dis nie soos ‘n griep wat verbygaan nie.

Staan in die vuur van jou eie leegheid wanneer dit gebeur, en omhels die misterie. Uit eerbied vir die een wat op pad is na die geel wolk toe. Dis moeilik. Ek kry dit nie heeltemal reg nie. Maar ek probeer.

En as dit jou beurt is, fokus op die geel wolk. Weet dat klein mannetjie ook in die prentjie gaan wees. Altyd.

Maar hy is klein.

Jy hoef nie vir hom bang te wees nie.

Vra vir Ouma. Sy weet!

Lief vir jou

Pappa

Mamma

My liefste ma

Toe die dokter jou oopsny en jy vir my ‘n WhatsApp stuur op 3 Maart 2022 met die woorde: “Jan hulle het toegemaak. Dis te ver…”

Toe ek vir jou kom kuier in Mosselbaai in die hospitaal, en jy swart bloed opgooi onophoudend in jou geel emmertjie….

Toe hulle jou maag moes oopsny omdat die kanker jou derms toedruk….

Toe jy by die huis lê en jou wond septies word en die water uitspuit deur jou wond…

Toe ons jou nie op chemo kon sit nie, want jou wond is steeds oop…

Toe die kanker aan jou vreet dat jy net vel en been is…

Toe ek langs jou bed soos ‘n klein seuntjie sit en huil…

Toe sien ek dit raak:

Hoe jy die pad stap – elke dag

Hoe jy die dood elke dag in die gesig staar sonder vrees – amper nonchalant

Hoe jy nie een oomblik kerm of kla nie

Hoe jy my vertroos, waar ek veronderstel is om jou te vertroos

Hoe jy belangstel in ons wel en weë te midde van jou eie toestand

Hoe jy my herinner dat jy net in ‘n oorgang is na ‘n wêreld waarvan ons eintlik maar baie min van verstaan

Hoe jy vir my bid – jy vanuit jou dal van doodskaduwee

Toe weet ek:

Met trots

en met styl

en sonder enige vrees of angs

met tonne liefde

en emmers vol vrede

Stap jy elke dag die pad

En as ek hom eendag self moet stap,

dan sal ek hom wil stap presies soos jy hom stap…

Die Jool storie

Ek was lank terug in die enigste manskoshuis op Stellenbosch.

Majuba.

Ons sê dit maar altyd so tong in die kies, want toe ek eerstejaar was, was Majuba die koshuis vir die manne wat reeds in die “army” was. Ja, en ons het enkelkamers gehad. Dit was baie lekker tye daardie.

Ek weet nie of hulle dit nog steeds doen nie, maar tydens Jool het ons gewoonlik vlotte versier saam met die meisieskoshuis waarmee ons gejool het. Dan moes ons saam met die meisieskoshuis die vlotte regkry vir die groot optog. Dan ry al die vlotte agtermekaar en ek dink as ek reg onthou, kry die beste vlot ‘n prys. Of so iets.

So daag die groot dag toe op. Ons vlot is versier, en ons is trots om deel te wees van die jooloptog. Ons was nou nie verskriklik ingesteld om die vlotkompetisie te wen nie. Ek kan nie eers onthou wat ons tema was nie. Daardie tyd was die teenoorgestelde geslag baie belangriker as die tema van jou vlot.

Maar een ding onthou ek baie goed. Toe ons regmaak om saam met die vlot te loop, toe was daar ‘n appel-gedoente met sonbrille op wat daar eenkant gestaan het. Jy trek die gedoente oor jou kop, en dan lyk jy soos ‘n appel met bene. Die blêddie ding het so ‘n groot wit “smile”, en as jy hom oorgetrek het, dan het jy so ‘n “handle” aan die linkerkant onder en regterkant bo waarmee jy kan navigeer. En dan so ‘n belaglike klein gaatjie waardeur jy kan loer. En so ‘n groot stingel wat fatsoenlik uitrank op sy kop.

En dit is ‘n swaar gedoente. Die idioot wat die appelgevreet ontwerp het, kon regtig ‘n ander materiaal gebruik het. Ek weet al die goed, want ek was die “sucker” wat die appelgevreet moes opsit. Omdat ek ‘n “jarr” (eerstejaar) was en opdrag gekry het om die appel aan te trek.

Die mense wat my ken lag hulle vrek as hulle die storie hoor. Want ek was lank en maer, en met hierdie appelgevreet aangetrek het ek gelyk soos ‘n lolliepop. Lank en maer met hierdie moerse appelkop. Of soos ‘n aartappel op vuurhoutjies. Jy weet, gee eerder die appelgevreet vir ‘n kort outjie om aan te trek, dan lyk dit miskien beter. Nou kies hulle die langste en maerste ou.

En die ergste van alles is, jy kan nie self die appel afhaal nie. Iemand moet jou help. So as daardie appel eers oor jou kop is, dan is jy in jou moer. Jy is uitgelewer aan almal om jou. En daardie tyd was dit baie gevaarlik vir jou om aan ‘n klomp studente uitgelewer te wees.

So begin ons toe die vlootoptog. Ek het die appel aan die binnekant beet aan die linkerkant en regterkant met albei hande, en ek korrel so veel ek kan net om deur die piepklein gaatjie voor my te sien sodat die appel nie van die pad af foeter nie.

Maar die appel is swaar. En my arms word lam. En sodra ek begin wankelrig raak, dan kan ek ook nie meer sien deur die gaatjie nie. En dit raak warm en bedompig daar binne in die appel. Want ventilasie is nie aan gedink toe die appel ontwerp is nie.

Ek hou my “pose”, want jy wys mos nie jou “vulnerability” vir die meisies nie. Stap ewe gedweë agter die vlot aan. Maar die vlot begin toe vinniger ry, en ek raak uitasem. En ek word dors. En ek kry nie asem nie.

Maar ek byt vas. Ek is mos “mean”. Sal ‘n ou wat nou so pas uit die “army” uit kom staan en kerm oor ‘n simpel appel? Nooit.

Later beweeg ons vlot onder my uit. Ek kan nie byhou nie. My knieë is lam. Ek hyg na asem. Die gaatjie waardeur ek moet kyk gaan van links na regs, en dan weer van regs na links. En so nou en dan sien ek ‘n vlot, maar dit is elke keer ‘n ander vlot soos die vlotte een na die ander by my verbykom.

Toe gebeur die ergste.

Elsenburg het ook ingeskryf vir die jooloptog. Die pampoenboere. Maar hulle het niks moeite gedoen met hulle vlot nie. Hulle vlot is ‘n doodgewone lorrie met ‘n oopbak. En agterop die bak staan die Elsenburgers en braai. Elkeen met ‘n bier. Dis die vlot.

En so kry die trokkie toe ook sy beurt om verby die appel te ry. En een Elsenburger wat seker te veel bier gedrink het, besluit vandag is die dag dat hy hierdie appel ‘n les gaan leer. En hy sit op die lorrie en gryp die appel aan sy stingel…

Nou is ek vas. Ek moet nou beweeg teen dieselfde spoed as die lorrie, anders gaan ek val. En val is erg, want jy kan niks keer nie. Jy het nie arms nie – dis alles binne die appel. So die appel begin toe maar draf langs die trok. En binne die appel gil ek so hard soos ek kan:”Los – ek gaan val…”. En ek vloek en gaan tekere…

Maar dit is net wat die dronk student nodig gehad het. “Boys – hoor hoe kerm hierdie appel” – hoor ek hom sê. Skielik is die appel die fokus van die hele trok se bemanning. Hulle maak beurte om die stingel vas te hou, en hoe meer ek kerm, hoe harder lag hulle.

Ek dink ek het daardie dag seker maklik 3 kilo’s gedrafstap. Al langs daardie trokkie. Met een verskriklike gekerm en gekla.

In ‘n appel.

Vasgehou aan my stingel.

Met my tong wat vas aan my verhemelte kleef van die dors.

Dit moes iets gewees het om te aanskou. Hierdie groot ronde appel met sy groot wit “smile” en sonbrille, met sy dun lang bene, en ‘n klomp dronk pampoenboere wat nie wil laat los nie.

Jy sien ‘n vreeslike vriendelike appelgesig maar jy hoor net ‘n gekerm.

Ek onthou toe die pampoenboere naderhand verveeld is met die skreeuende appel, toe los hulle my. Genadiglik.

En toe hoor ek ‘n stem. ‘n Meisiestem. Ek hoor haar, maar ek kan haar nie deur die gaatjie sien nie. Sal vandag nog haar stem herken.

Sy vra of ek dors is.

Toe gee sy vir my ‘n yskoue Coke. Sy het dit selfs vir my oopgemaak, en onder die appel ingedruk met ‘n strooitjie.

En vir my vasgehou sodat ek kon drink. Want ek moes die appel vashou met altwee my hande.

Boeta se les:

Yanik, daardie meisie het deur die vals “smile” van die appel gekyk en my nood raakgesien.

Ek weet glad nie hoe sy lyk nie. Maar ek sal steeds haar stem onthou.

En na die tyd lag ek oor die storie, maar daar is ‘n pragtige les hier.

Compassion.

Daar is baie mense wat soos daardie appel rondloop. Buite is dit sonbrille en wit tande en “smiles”, en binne is dit ‘n geween en geklap van tande.

“The realm of God that Jesus preached and died for was one that was known for its kindness and generosity, its compassion and healing. There was no one deemed outside the love of the Holy One whom Jesus called Father. No one was excluded from fellowship, not the rich or the poor, male or female, slave or free. Jesus went beyond superficial divisions and called for a culture of compassion.

Compassion changes everything. Compassion heals. Compassion mends the broken and restores what is lost. Compassion draws together those who have been estranged or never even dreamed they were connected. Compassion pulls us out of ourselves and into the heart of another, placing us on holy ground where we instinctively take off our shoes and walk in reference. Compassion springs out of vulnerability and triumphs in unity” Judy Cannato, Field of Compassion: How the New Cosmology is Transforming Spiritual Life (Sorin Books:2010), 8.

Ek het daardie dag “compassion” ervaar.

Deur ‘n yskoue Coke. En ‘n pragtige stem.

Wees jy ook eendag “compassion” vir iemand!

Lief vir jou

Pappa